Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 14 Augustus 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Vrydag 14 Augustus 2020. 

1. Advokaat vertel hoe hy 2 van polisie moes omkoop

Dat hy as advokaat van Pretoria, wat ook al as regter waargeneem het, sy regte ken, het hom net mooi niks gehelp toe twee polisiemanne hom glo Saterdagaand oor die langnaweek wou toesluit as hy hulle nie R10 000 betaal nie.

2. KYK: Bouchard betreur reaksie op bikini-foto’s

Die tennisster Eugenie Bouchard sê sy poog om minder foto’s van haarself in ’n bikini in sosiale media te deel weens die venynige reaksie wat dit by aanhangers uitlok.

3. LUR pos lede van Grey-beheerraad

Die onverkwiklike rusie by Grey-kollege in Bloemfontein het nog ’n kinkel bygekry toe die LUR vir onderwys in die Vrystaat al die gekose lede van die beheerliggaam die trekpas gegee het.

4. Chaos breek uit toe inspekteurs werkplek wou sluit

Chaos het Woensdag by African Debt Advisors (ADA) se perseel in die Kaapstadse middestad uitgebreek toe inspekteurs van die departement van arbeid die kantore wou sluit.

Willem Oosthuizen (30) en Theo Jackson (29).

5. Doodskis-2 uiteindelik vry

Theo Jackson en Willem Oosthuizen, die sogenaamde Doodskis-2, is Vrydagmiddag uit die Paxton-gevangenis in Emalahleni (Witbank) op parool vrygelaat.

6. Huiswerker se seun in hof ná plaasaanval

Die seun van ’n huiswerker van die egpaar van Dendron in Limpopo wat verlede Woensdag op hul plaas aangeval is, is in hegtenis geneem.

7. KYK: Faf se gesig pronk op rugby-heiligdom

Die Engelse Premierliga se terugkeer die naweek word gevier met ’n spesiale kunswerk op Twickenham.

8. LUISTER: Zimbabwe se doodsklok wil-wil lui

In die jaar dat Zimbabwe 40 jaar van onafhanklikheid gedenk, is dit op die rand van inploffing weens ekonomiese én politieke bankrotskap.

9. ‘Queers’, die pienk lyn en die NG Kerk

Die verandering in die NG Kerk jeens gay mense vind plaas omdat so baie dominees soveel gay gemeentelede het en nie al dié mense wat by hulle aanbid, kan beskou as die Antichris of demone nie, sê Mark Gevisser aan Murray La Vita.

10. Kalkbaai-teater verrys uit die as

Meer as 80 000 mense het binne twee dae ’n Facebook-inskrywing gelees wat bevestig dat die Kalkbaai-teater in November weer sy deure gaan oopmaak.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.