Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 14 Mei 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Vrydag 14 Mei 2021.

1. Cyril-skorsing: Ace sal net ekskuus sê as hof hom dwing

Ace Magashule sal net aan die ANC en Suid-Afrika om verskoning vra vir sy “skorsing” van pres. Cyril Ramaphosa as ’n hof hom beveel om dit te doen.

Ace Magashule Foto: Jabu Kumalo

2. KYK: Skoolhoof met stoel en al uitgesmyt

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het Donderdag die gewelddadige gedrag deur sommige ouers by die Laerskool Theresapark in Pretoria veroordeel nadat ’n video versprei is wat wys hoe hulle die skoolhoof met haar kantoorstoel en al by die kantoor uitdra en sy dan uit die stoel val.

3. Spioen het ‘miljoene na oudminister se huis geneem’

’n Geheime agent sê sy het drie keer onder groot geheimhouding sakke met R4,5 miljoen kontant aan David Mahlobo, oudminister van staatsveiligheid, in die studeerkamer van sy huis regstreeks aan hom gaan oorhandig.

4. Plaasmisdaad hou net aan styg

Die misdaadstatistieke vir landelike gebiede wys dat plaasmoorde en -aanvalle in die laaste kwartaal van die afgelope boekjaar skerp toegeneem het vergeleke met die vorige twee jaar.

5. Strenger inperkings moontlik, sê Mkhize

Strenger inperkings is moontlik weens ’n toename in Covid-19-infeksies, waarsku dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

6. Modack-saak: Sersant sê hy word as ‘pion’ gebruik

Verskeie lede van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, insluitend die bevelvoerder, genl.maj. Andre Lincoln, was glo betrokke by vergaderings tussen die staat, Janick Adonis en dié eenheid.

7. Hoekom vermoor ’n kind ’n ouer?

Dr. Melanie Moen, opvoedkundige sielkundige en akademikus, praat met Murray La Vita oor ’n baanbrekerstudie waarin sy probeer vasstel waarom kinders hul ouers en ander familielede vermoor.

Prins Harry sê in ’n nuwe podsending sy geestesgesondheid was een van die dryfvere om terug te staan van sy rol as senior werkende lid van die Britse koninklike familie. Foto: Getty Images

8. Prins Harry: ‘My lewe was dié van ’n sirkusdier’

Prins Harry sê hy probeer die genetiese sirkel van pyn van sy eie opvoeding verbreek as pa van sy en Meghan se eersteling, Archie, wat ’n paar dae gelede twee jaar oud geword het. Meghan verwag hul tweede kind, ’n dogtertjie.

9. ‘Geen Pieter-Steph vir Stormers’

Die Leeus het een ding minder om hulle oor te bekommer voor Saterdag se Reënboogbeker-rugbywedstryd teen die Stormers op Ellispark met die nuus dat Pieter-Steph du Toit waarskynlik nie gaan speel nie.

10. Van Coke ‘het nog nooit so hard geoefen’ vir stryd in kryt

Francois van Coke, die Afrikaanse rocker van Bellville, Kaapstad, en hoofsanger van die musiekgroep Fokofpolisiekar, sê hy het nog nooit so hard geoefen soos nou nie. En dít is om hom voor te berei om die oud-Bok Derick Hougaard in die bokskryt te takel.

Francois van Coke swaai in die rigting van Carl Ronander tydens ’n oefensessie in die kryt. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.