Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Vrydag, 14 September

Dit is uiteindelik tyd vir die naweek, maar as jy nie op hoogte is van die jongste nuus nie - hier is wat jy moet weet.

1. VSA reik waarskuwing oor SA uit

Amerika het sy burgers gewaarsku om twee keer dink voordat hulle Suid-Afrika toe reis.

Siya Kolisi. Foto: Getty Images

2. Siya: Bokke nie ‘kriewelrig’ oor Bongi-kwessie

Daar is geen kriewelrigheid tussen Rassie Erasmus en sy spelers nadat hy Bongi Mbonambi verlede week in die 35ste minuut van die Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies vervang het nie.

3. KYK: Só lyk superluukse jag van R2,3 mjd. van naby

Wat doen vandag se multi-miljardêrs as hulle hulself ’n bietjie wil trakteer? Hulle koop ’n jag, natuurlik.

4. SAUK gaan wel personeel verminder

Die SAUK het met ’n amptelike proses van herstrukturering van sy personeel begin om koste te sny.

5. Ek’s glad nie jammer ek het toe ja gestem nie

Op ’n dag, nogal lank gelede, praat ek met oorlede Pa oor die foon. “Jong, Seun,” sê hy. “Ek’t nou ’n oulike tuinjong gekry. Sy naam is Zero.”

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jaco Marais

6. Cyril aan diplomate: ‘Konsensus is in ons gene’

Dit is in die gene van Suid-Afrikaners om konsensus te bereik wanneer hulle debatteer oor belangrike kwessies wat menselewens raak.

7. Ma vermoor: Seun wil nog nie borgtog vra

’n Gordonsbaaier wat daarvan aangekla word dat hy sy ma vermoor het, het sy borgtogaansoek in afwagting op haar lykskouingsverslag laat vaar.

8. Bosasa-skandaal: DA verkla politici by polisie

Suid-Afrika kan in die nuwe politieke era en te midde van die swak ekonomiese groei dit nie langer bekostig dat politici soos dié in die Bosasa-skandaal hul eie belange bo dié van landsburgers dien nie, meen John Steenhuisen, DAhoofsweep in die parlement.

9. Kom ons praat oor die plattelander in die vertrek

Om ’n plattelander te wees, is dikwels soos om ’n verskrikte wilde dier, verbysterde ruimtewese of die onderwerp van ’n natuurdokumentêr te wees.

10. Man skiet homself in parlement-gebou

Hoës in die parlement het Vrydag hul skok en hartseer uitgespreek oor die personeellid wat homself in een van die parlement se kantore om die lewe gebring het. Hy het homself glo geskiet.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.