Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 15 Januarie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Vrydag 15 Januarie 2021.

1. Ramaphosa ontken Molefe se aantygings

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag ontken dat hy aandele van Glencore ontvang het in ruil daarvoor om die belange van Glencore ten koste van Eskom te bevorder.

2. Kaper wat Porsche probeer roof doodgeskiet

’n Man wat na bewering ’n Porsche Cayenne in Pretoria wou kaap, is doodgeskiet. Die vermeende kaper het Donderdagaand naby die Voortrekkermonument op die Ou Johannesburgpad toegeslaan.

3. KYK: Skouspel toe Gariepdam oor wal loop

Die langverwagte nuus uit die binneland is dat die Gariepdam se water gisteraand oor sy wal begin stroom het.

Gariepdam
Die Gariepdam het gister laat sy wal begin oorstroom. Die foto is om 18:15 geneem. Foto: SKERMGREEP

4. SAL ‘probeer vlieëniers op grond van ras afdank’

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) probeer vlieëniers op grond van hul ras afdank en die SAL-vlieëniersvereniging (Saapa) is boos.

5. SA aktrise (44) sterf in haar slaap

Die departement van sport, kuns en kultuur het hulde gebring aan die aktrise Lindiwe Ndlovu, wat Maandag in haar slaap dood is.

6. Motorfietsjaer sterf ná Dakar-ongeluk

Die Franse motorfietsryer Pierre Cherpin is Vrydag oorlede vyf dae nadat hy ernstig in die sewende skof van die Dakar-veldren beseer is.

7. ‘Afrox het genoeg suurstof, hospitale moet beter beplan’

Die suurstofverskaffer Afrox sê hy het genoeg voorraad van mediese suurstof, maar die hospitale moet voortydig reëlings tref sodat die voorraad betyds afgelewer kan word.

8. Koos Kombuis: ‘Skielik bid ek weer’

Die wêreld was nie noodwendig ’n beter plek voor die pandemie nie. Eintlik was 2020 ’n goeie jaar, skryf Koos Kombuis.

9. Gordel vas – hier kom groot styging in brandstofprys

Die Outomobiel-assosiasie (AA) waarsku dat daar ’n groot styging in die prys van brandstof in Februarie op pad is.

10. Jordan beweeg al arms, bene ná ongeluk wat ouers, boetie eis

Jordan Marais (16), die enigste oorlewende van ’n ongeluk naby Harrismith in die Vrystaat waarin sy ouers, broer en nog vier ander mense dood is, begin al sy arms en bene beweeg.


Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.