Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Vrydag, 15 Maart 2019

Net voor jy jou skoene uitskop en gaan naweek hou - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure waarvan jy moet kennis neem.

Xander Bylsma praat Vrydag in die hof met sy advokaat, Niven Rai (links) en prokureur, Adriaan Janse van Rensburg (regs).Foto: Felix Dlangmandla

1. Xander ‘by volle positiewe’ toe hy uitwysings doen

Xander Bylsma was “nugter en by sy volle positiewe” toe hy uit eie keuse aan die polisie uitwysings gedoen het op die toneel waar die Stella-slagoffers se lyke gevind is.

2. Beurtkrag: Só raak dit jou naweek

Eskom het Vrydagmiddag aangekondig dat fase 2-beurtkrag nog tot Sondag gaan geld. Fase 2 is Donderdag en ook Vrydag ingestel.

3. ‘Gaan boer,’ sê Tito aan dié wat Standard Bank aflê

Tito Mboweni, minister van finansies, het onder skoot gekom nadat hy in ’n twiet voorgestel het dat diegene wat Standard Bank aflê, moet gaan boer.

4. Meer as 100 al dood weens sikloon in Mosambiek

Dele van Mosambiek se suidoostelike kus is sonder krag en kommunikasie weens die sikloon Idai wat met swaar reën en wind van tot meer as 170 km/h verwoesting gesaai het.

Adv. Gerrie Nel.

5. Gerrie reg vir staatskapers wat NVG nie vervolg

AfriForum se private vervolgingseenheid sal elke saak van staatskaping aanvat wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) besluit om nie te vervolg nie.

6. 49 dood in skietery in Nieu-Seeland

Mike Bush, Nieu-Seelandse polisiekommissaris, sê die dodetal ná die skietery by twee moskees in Christchurch staan op 49 nadat Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, vroeër aangekondig het dat 40 mense dood is.

7. EKSKLUSIEF: Vlieënier wat ministers Bird-eiland toe vlieg, vertel

Hy het nie altyd van genl. Magnus Malan, ’n voormalige minister van verdediging in die NP-regering, gehou nie, maar pedofilie? Nooit! sê brig.genl. Rodney Penhall, die vlieënier wat die ministers op ’n keer met ’n Puma-helikopter na Bird-eiland geneem het.

8. Steinhoff: ‘Grootskaalse bedrog deur min mense’

Dr. Johan van Zyl, voormalige direkteur van Steinhoff, sê bedrog is “op groot skaal” by dié meubelhandelaar gepleeg, volgens die forensiese verslag wat PwC ná ’n ondersoek van meer as ’n jaar lank opgestel het.

9. Middeloor-oorplanting in Pretoria 1ste ter wêreld

Die eerste middeloor-oorplanting ter wêreld is Woensdag in die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria gedoen.

10. Staatskaping baie groter as Zuma, sê Jonas

Staatskaping is veel groter as oudpres. Jacob Zuma omdat dit struktureel én sistemies is, het Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, Vrydag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg gesê.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.