Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 16 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Vrydag 16 April 2021.

1. ‘Weerlose’ in rolstoel in sy gastehuis vermoor

’n Bekende gastehuiseienaar en kunstenaar is Donderdagaand in sy huis in Smithfield in die Vrystaat vermoor.

Greg May (70) is Donderdagaand in sy gastehuis in Smithfield vermoor. Foto: Facebook

2. Mediclinic verwag vlaag op vlaag Covid-19-gevalle

Mediclinic verwag verdere vlae van infeksies gaan in die komende maande die lande tref waarin hy bedrywig is – insluitend Suid-Afrika.

3. Vroedvrou voor tugpaneel: 4 vroue vertel van trauma

Vier vroue wat voel hul lewe is onherroeplik verander nadat hulle van Yolande Maritz, vroedvrou van Pretoria, se dienste gebruik gemaak het, het hul stories met Netwerk24 gedeel.

4. Weyers groet toneelspel, maar Akademie vereer hom

Die akteur Marius Weyers het besluit om toneelspel te laat vaar en daarom is hy dankbaar dat hy nou die erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot rolprent- en TV-kuns kry.

Marius Weyers

5. ‘Dít is dodelikste misdaad in nuwe SA’

Die kriminoloog en skrywer dr. Mark Shaw praat met Murray La Vita oor die enkele dodelikste misdaad wat in postapartheid-Suid-Afrika gepleeg is – ’n misdaad wat tot die dood van meer as ’n duisend mense gelei het.

6. Inentings: Só werk registrasie vir mense ouer as 60

Suid-Afrikaners van ouer as 60 kan vanaf Vrydag om 16:00 registreer om hul Covid-19-inenting te ontvang.

7. Zondo-kommissie is gekaap, sê voormalige Prasa-hoof

Die Zondo-kommissie is gekaap, het Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), Vrydag voor sy getuienis aangevoer.

8. Krieketspeler se foto 57 j. later ná soektog oorhandig

’n Bekroonde sportfotograaf se soektog na ’n bekende oud-krieketspeler en sy dogter het vandeesweek ná drie dekades vrugte afgewerp.

9. Verslane Novak ‘bietjie irriterend’

Tennis se Britse stout seun, Dan Evans, het kort ná sy skokoorwinning oor Novak Djokovic beweer die wêreld se nommer een het tot sy eie ondergang bygedra.

Die omslag vir Richann Brüssow en René de Klerk se eerste enkelsnit, ‘Vrystaat Vlaktes’. Foto: Verskaf

10. LUISTER: Richann en René se 1ste enkelsnit

Die immergewilde werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou op kykNET het vanjaar iets meer as net die liefde opgelewer – een van die boere en sy meisie het ’n nuwe musiekgroep begin.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.