Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 17 Januarie 2020

Kom op die hoogte van Vrydag se nuusgebeure voordat jy jou skoene uitskop om naweek te hou. 

1. Regering meng nie onbehoorlik by Eskom in – Gordhan

Dit gaan baie lank duur voordat Eskom ten volle herstel het van die skade wat staatskaping aangerig het, sê Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings

2. Aparte ondersoek ná Parktown-seun verdrink

'n Onafhanklike ondersoekspan sal aangestel word om die omstandighede om die dood van Enoch Mpianzi (13) tydens die Parktown Boys’ High School se oriënteringskamp vir gr. 8-leerlinge te ondersoek.

Lees ook: Ouers met kinders herenig ná tragedie op kamp

3. DA skop 2 Jhb-raadslede uit wat vir ANC stem

Die twee DA-lede wat verlede jaar dié party in die Johannesburgse metro help ontsetel het, is nie meer lede van die party nie. Hulle het op ’n raadsvergadering in Desember vir Geoff Makhubo, ’n ANC-kandidaat, vir burgemeester gestem.

4. Rabada geskors, speel nie in 4de toets

Kagiso Rabada Foto: Getty Images

Kagiso Rabada sal nie in die vierde toets teen Engeland op die Wanderers in aksie wees nie. Die Internasionale Krieketraad (IKR) het hom een strafpunt toegedien vir sy uitbundige feesviering van Joe Root se paaltjie Donderdag op die eerste dag van die derde toets in Port Elizabeth.

5. KYK: Man vra Roger Federer om te trou

Die Switserse tennisster Roger Federer het vandeesweek in sy wedstryd teen die Aussie Nick Kyrgios ’n huweliksaanbod vanuit die pawiljoen ontvang.

6. CPS ‘doen alles moontlik om Sassa nie terug te betaal’

Die omstrede Cash Paymaster Services (CPS) doen alles moontlik om nie die meer as R300 miljoen, wat hy ingevolge ’n hofbevel onregmatig van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) gekry het, terug te betaal nie, sê Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling.

7. SA internet stadig nadat 2 kabels probleme gee

As jy gewonder het of jou internet skielik stadiger is as gewoonlik, is jy waarskynlik in die kol. Soos die noodlot dit wil hê, het twee belangrike ondersese kommunikasiekabels wat SuidAfrikaners aan die internet verbind, gelyktydig begin lol. 

8. Derde Dakar-kroon vir Sainz

Die 2020-Dakar sal nie net onthou word vir Carlos Sainz se driekuns in dié woestynren, Ricky Brabec wat sy eerste motorfietsoorwinning aangeteken het of die dood van die Dakar-motorfietsheld Paulo Gonçalves nie, maar ook as een van die beste Dakar-renne tot nog toe wat Suid-Afrikaanse jaers, ryers en spanne betref.

9.  Karen Zoid maak haar hart oop oor afgelope 20 jaar

Karen Zoid Foto: Rapport

Vanjaar is dit 20 jaar sedert Karen Zoid begin kopstamp het op “Afrikaners is plesierig” en die rockwêreld soos ’n atoombom getref het. Sy het aan Willemien Brümmer vertel hoe sy haar eie lewe moes red.

10. 2019 tweede warmste jaar nóg

2019 was die tweede warmste jaar op rekord en die wêreld sal moet gereed maak vir nóg uiterste weersomstandighede, soos nou met die brande in Australië.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.