Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10- moet-lees-stories: Vrydag 18 September 2020

10- moet-lees-stories: Vrydag 18 September 2020


1. Polokwane-moorde: ‘Baasbrein’ en snikkende vrou van begrafnis vas

Die vermeende baasbrein agter die moorde op ’n bekende sakevrou en haar bejaarde ma van Polokwane is vroeg Vrydagoggend in Tembisa aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.


2.  Hoë van bende-eenheid by sy huis doodgeskiet

Lt.kol. Charl Kinnear, een van die bevelvoerders by die Wes-Kaapse bende-eenheid, is ’n kort rukkie gelede by sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, geskiet in wat vermoedelik ’n sluipmoordaanval is.

geskiet
Die toneel buite lt.kol. Charl Kinnear se huis in Bishop Lavis.



3.Vlak 1: 7 dinge wat jy dalk nié geweet het nie

Nagklubs bly toe en geen toeskouers word by sportwedstryde toegelaat nie. Hier is nog dinge wat jy voor Maandag moet weet.

4. Vlak 1: Net 250 mense mag vir nou kerkdiens hou, sê NDZ

Tot 250 mense sal van Maandag saam kerkdienste kan bywoon, maar as die gebou nie groot genoeg is nie, sal dit minder moet wees.


5. KYK: F** jou, regter! Prokureur se frustrasie kook oor

Hy is nie so grootgemaak nie en het reeds ’n boodskap aan die regter se klerk gestuur om verskoning vir sy optrede te vra.


6. Vanderbijl-ontvoering: Hier sal Human en kie hul tronkstraf uitdien

Die twee vroue wat aan die ontvoering van ’n sewejarige meisie van Vanderbiljpark skuldig bevind is, sal hul tronkstraf in die vrouegevangenis in Johannesburg uitdien.



7. Interdik: Fiets-ambulanse se speke gaan toe nou nié sing

Die Spesiale Tribunaal van Suid-Afrika het Vrydag toegesien dat die Oos-Kaap se omstrede motorfiets-ambulanse se speke nié gaan sing nie.

8. 7 spanne spook sake in SA ‘Superreeks’ uit

Twee trofeë sal op die spel wees vir die sewe plaaslike rugbyspanne wanneer die reekse waarin hulle slaags gaan wees op 10 Oktober begin.

9.Die geheim van SA se 'beste boerewors'

Delano Jasper (18), wat onlangs as Suid-Afrika se Championship-boereworskampioen van Shoprite en Checkers aangewys is, verklap aan Murray La Vita die geheim van sy wenwors.


10.Rina Hugo sing hartsliedjies ten bate van Christelike organisasie

Die sangeres Rina Hugo en haar man, die pianis Johan van Rensburg, hou volgende Sondag ’n virtuele konsert ten bate van die Christelike Seemansorganisasie (CSO).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.