Hiermee die 10 moet-lees-stories op Vrydag 27 November 2020.
Johan Steyn, die man wat in April 2019 by Die Boord-winkelsentrum in Stellenbosch oor ’n veiligheidswag gery het, is Donderdag in die landdroshof in Stellenbosch gevonnis.
Hoewel die sogenaamde “Coligny-twee” Vrydag deur die appèlhof in Bloemfontein onskuldig bevind is aan die moord op Matlhomola Moshoeu (16), meen een van die regters die moordklag teen Pieter Doorewaard behoort in een van strafbare manslag verander te word.

Pieter Doorewaard (28) en Phillip Schutte (35) van Coligny tydens ’n vorige hofverskyning. Hulle appèl is hierdie week aanlyn aangehoor. Foto: Dulile Sowaga
Adjunk-hoofregter Raymond Zondo het opdrag gegee dat daar ook ’n strafregtelike klag teen Dudu Myeni, voormalige SAL-voorsitter, by die polisie ingedien word.
As jy eersdaags die lang pad vat om by familie te gaan kuier of see toe te gaan, is daar goeie nuus vir jou as jy jou voertuig met petrol volmaak.
Pres. Donald Trump het Donderdag toe ’n joernalis hom gepols het vir ’n antwoord vir die eerste keer gesê hy sal opsy staan as die kieskollege vir Joe Biden stem.
Wat by die Hoërskool Brackenfell gebeur het, gaan in die toekoms weer gebeur. Wat ons nodig het, is gemeenskapsleiers wat volwasse genoeg is om hierdie dinge onder mekaar te takel, sê eerw. Alan Storey aan Murray La Vita.
’n Personeellid van ’n lykshuis in Buenos Aires met die plig om die Argentynse sokkerlegende Diego Maradona se liggaam vir sy begrafnis voor te berei, is afgedank omdat hy ’n selfie saam met die lyk geneem het.
Die argument van Jason Rohde (51) se regspan teen die hofbevinding dat dit hoogs onwaarskynlik is dat Susan Rohde (47) haarself opgehang het, is volgens die staat uitgedink.
Drie skrywers uit die Vrystaatse vlaktes het vanjaar die literêre wêreld aan die praat met hul jongste lewerings, waaronder twee debuutwerke. Francois Smith (Die kleinste ramp denkbaar) Madré Marais (Luistervink) en Anton Roodt (Weerlose meganika) praat oor skryfwerk, watter skrywers hulle inspireer en ook oor die Groot Vrystaatse roman.
In sy forensiese ondersoek na bestuurspraktyke by Krieket Suid-Afrika (KSA) het Fundudzi bewerings ondersoek dat KSA-kredietkaarte gebruik is om die gewese uitvoerende hoof, Thabang Moroe, se verjaardagpartytjie in 2019 te befonds.