Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 28 Februarie 2020

1. 2 SA’ners van “gedoemde virusskip’ toets positief 

Daar was 12 Suid-Afrikaners aan boord van die Diamond Princess-passasierskip, wat in die Jokohama-hawe in Japan geanker is, van wie twee positief vir die virus getoets het.

2. SAL: Sakeredders kry uitstel vir plan tot 31 Maart 

Die sakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) word nou eers op 31 Maart bekend gemaak.

3. K-woord kos Catzavelos R50 000

Die veroordeelde rassis Adam Catzavelos is Vrydag 'n boete van R50 000 of twee jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, opgelê in die Randburg-landdroshof in Johannesburg.

4. Kaapse seedrama: Duikers soek na vermiste mans 

Die soektog duur voort na ses vermiste mans van Houtbaai wat vroeg Donderdagoggend in die see beland het toe hul boot omgeslaan het.

Oudpres. FW de Klerk Foto: Deaan Vivier

5. FW bevestig wit mense het nie ‘clue gehad oor apartheid nie’ 

Swart Suid-Afrikaners se geduld raak op, want ‘jammer’ mag nie ’n ‘maar’ hê nie. Die teoloog dr. Deon Snyman het aan Willemien Brümmer gesê wit mense sal moet begin om hul vergifnis te verdien.

6. Rugby oorweeg ‘spesifieke’ transgender-reëls 

Wêreldrugby sê hy oorweeg “rugby-spesifieke”-kiesbaarheidsreëls vir transgender spelers wat verskil van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se beleid.

Kelly Morgan
Kelly Morgan. Foto: Facebook

7. Petrolprys: Goeie nuus met ‘n korona-angel 

As dit nie vir Covid-19 was nie, sou petrol volgende week 48c per liter goedkoper geword het en diesel 85c per liter.

8. Ontvoering: Vrou wat gesoek word is glo van Ierland

’n Vrou (46) van Ierland word deur die polisie in die Wes-Kaap gesoek nadat sy nie ingevolge ’n hofbevel by die polisiekantoor in Wellington aangemeld het nie.

9. DA dien 94 000 voorleggings teen dié onteiening in

Die DA het Vrydag die voorleggings van 94 000 mense wat teen onteiening sonder vergoeding gekant is, by die parlement ingedien.

10. Demi-Leigh word rolprentster

Demi-Leigh Nel-Peters gaan ’n rol in ’n rolprent vertolk. Dit sal haar eerste verskyning op die silwerdoek wees.


Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.