Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 30 Julie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op 30 Julie 2021.

1. Tatjana besef nie dadelik sy het rekord

Toe Tatjana Schoenmaker Vrydagoggend ná die Olimpiese eindronde van die 200 m-borsslag omdraai en opkyk na die groot skerm, het sy ’n tyd van 2:19.92 daarop gesien en ’n lied in haar hart gekry.

’n Huilende Tatjana Schoenmaker word omring deur haar spanmaat Kaylene Corbett (regs) en die Amerikaners Lilly King en Annie Lazor nadat sy Olimpiese goud gewen het. Foto: Reuters

2. DNS-toetse werp lig op klein Liam Nortjé se dood

Die uitslag van DNS-toetse het die polisie ’n treetjie nader gebring aan wat regtig in 2017 met klein Liam Nortjé (2) van Harrismith gebeur het.

Liam Nortjé
Liam Nortjé

3. Dogter gebroke oor pa se verlore askissie ná plundery

Vir die plunderaars wat ’n pakhuis in Durban tydens die onluste geteiken het, was die klein eikehoutkissie waarskynlik net een van vele items wat rondgegooi en/of gesteel kon word.

4. Rassie kry steun oor veelbesproke video

Of dit die regte platform was, is debatteerbaar, maar Rassie Erasmus se video werp lig op ’n onbillike stigma wat die Springbokke al baie jare het, sê die voormalige Bok-kaptein Corné Krige.

5. Netwerk24-joernalis het leeueaandeel in ‘Devilsdorp’

Drie jaar gelede sou Jana Marx, tans Netwerk24 se diepteverslaggewer, “nooit kon droom” dat sy ’n topverkoperboek sou skryf wat die weg sou baan vir ’n opwindende nuwe waremisdaadreeks nie.

Jana Marx, Netwerk24 se diepteverslaggewer. Foto: Argief

6. Digital Vibes: Mkhize moet R4 m. opdok, sê SOE

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het dié week ’n hofaansoek ingedien om miljoene rande te bevries wat betaal is in verband met die omstrede Digital Vibes-kontrak.

7. Glenda Gray: Ek sou wéér op MAK dien as minister my vra

Kan dit wees dat prof. Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, eendag in die geskiedenis onthou gaan word as die vrou wat gehelp het om die eerste suksesvolle vigsentstof te vind? Willemien Brümmer het met haar gesels.

Prof. Glenda Gray, president en hoofuitvoerende beampte van die Mediese Navorsingsraad, in haar eetkamer voor ’n skildery wat haar eks-man, die kunstenaar Jacobus Kloppers, vir haar as ’n huweliksgeskenk gemaak het. Toe sy jonger was, het sy dikwels met die trein gery vanaf Brakpan na Boksburg, waar sy op skool was. Foto: Jaco Marais

8. Kry SA dalk ’n e-rand?

Die Reserwebank stel ondersoek in na die moontlikheid om sy eie digitale geldeenheid te skep wat in die kleinhandel “aanvullend tot kontant” kan dien.

9. G’n verhoging? Dis oor jou baas nog onrus vrees

Suid-Afrika se groot maatskappye is bang die land het nog nie die einde van die onluste gesien nie en werknemers betaal nou die prys daarvoor.

10. Bfn se brandweermuseum: 60 j. se geskiedenis nou digitaal

Naas rye en rye ou brandweerwaens en die swierige ou motors van Bloemfontein se eerste burger en sy stadsklerk, het die brandweermuseum ’n toevoeging gekry. Die koerantberigte en -artikels van bykans 60 jaar is ingeskandeer en elektronies vir die nageslag beskikbaar.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.