Hiermee die 10 moet-lees-stories op Vrydag 5 Maart 2020.
Tien jaar ná die moord op haar man, Claus Schroeder, en ná vyf jaar se gesloer met die verhoor, het trane van verligting en blydskap by Tanja Schroeder se wange afgeloop.

Kristina Adler en Jens Leunberg is Vrydag skuldig bevind aan die moord op Claus Schroeder, ’n sakeman van Jeffreysbaai. Foto: Lulama Zenzile
Die Johnson & Johnson- (J&J) entstof waarmee gesondheidswerkers tans landwyd teen die koronavirus ingeënt word, is nog nie by die Suid-Afrikaanse owerhede geregistreer nie.
Die hemelhoë uitvalkoers van leerlinge in die skoolloopbaan van 12 jaar is nie ’n uniek Suid-Afrikaanse verskynsel nie.
Sinspeel Meghan, hertogin van Sussex, daarop dat sy en prins Harry dalk hul titels kan verloor? In die jongste lusmakervideo vir Sondag se twee ure lange onderhoud antwoord Meghan op Oprah se vraag: “Hoe voel jy daaroor dat die paleis vandag gaan hoor dat jy jou waarheid vertel?”
Hulle moet net nie voor die kinders huil nie. So sê ’n Bloemfonteinse egpaar daagliks vir mekaar terwyl die uurglas leegloop om vir twee van hul kinders nierskenkers te kry.
Die Suid-Afrikaanse Inligtingsreguleerder (IR) saai onnodig paniek met sy voorgestelde teenkanting van WhatsApp se privaatheidsbeleid.
Die moontlikheid van ’n beter toekoms vir Suid-Afrika is onwaarskynlik, maar dit is nie onmoontlik nie, sê Tony Leon aan Murray La Vita.
’n Nuwe plan is voorgelê om Bellville se middestad te vernuwe en te omskep in die tweede grootste sentrale sakegebied in die Kaapse metropool.
Dis moeilik om te bepaal of die veelbesproke ekspat-belasting verlede jaar ’n groot impak gehad het op Suid-Afrikaners se besluit om oorsee te gaan werk – of wáár.
FNB moes in die halfjaar tot einde Desember baie meer slegte skuld van sy kliënte afskryf as in die ooreenstemmende tyd van 2019 weens die tol wat die pandemie op die ekonomie geëis het.