Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Vrydag, 7 Desember 2018

Dis tyd om skoene uit te skop vir die naweek en gou op die hoogte te kom van die dag se belangrikste nuushoogtepunte. 

1. Reën die naweek kan beurtkrag net laat vererger

Haal jou reënjas en sambreel uit die kas, want swaar reën word vir die naweek in vyf provinsies voorspel. En beurtkrag daarmee saam...

beurtkrag
Swaar reën word vir Mpumalanga voorspel wat Eskom se steenkoolvoorraad kan beïnvloed. Foto:

2. Minimum loon op 1 Januarie van krag

Die nasionale minimum loon van R20 per uur tree op 1 Januarie 2019 in werking, het pres. Cyril Ramaphosa Vrydag in Kliptown, Soweto, aangekondig.

Minimum loon
President Cyril Ramaphosa. Foto: Argief

3. Radebe vervang kern-raad oor Rosatom, wanbestuur

Jeff Radebe, minister van energie, het die hele direksie van die Atoomenergiekorporasie van Suid-Afrika (AEK) vervang omdat dié volgens hom nie sy fidusiêre pligte nagekom het nie. 

4. Britz se SA familie geskok oor sy moord in Frankryk

Die familie van Barend Britz (63), oud-Transvaal-rugbyspeler, was baie geskok toe hulle Vrydagoggend die nuus kry dat hy in sy kroeg in die suide van Frankryk vermoor is. 

frankryk, misdaad
Die oudrugbyspeler Barend Britz. Foto: Facebook | Barend Britz

5. KYK: 'Reeksmoordenaar' van Wellington in hof

Die vermeende reeksmoordenaar van Wellington het Vrydag gevra dat 'n ander polisielid aangewys moet word om die reeks moorde waarvan hy aangekla word, te ondersoek.  

6. 'Gatvol' nie gekeur om aan verkiesing deel te neem

Die groep Gatvol sal nie aan die verkiesing aanstaande jaar deelneem nie, omdat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sy aansoek om as 'n politieke party te registreer, afgekeur het. 

politieke partye, OVK
’n Lid van Gatvol spog met sy T-hemp. Foto: Verskaf

7. Wees op die uitkyk vir dié 5 sewesbrekers in Kaap

Met die Suid-Afrikaanse sewesspan terug op tuisbodem is die verwagting dat die span die naweek voor sy tuisskare sy ware kleure sal wys. 

8. Depp, Pattinson in rolprent van J.M. Coetzee-roman

Johnny Depp, Robert Pattinson en Mark Rylance vertolk die hoofrolle in die rolprentweergawe van die Nobelpryswenner J.M. Coetzee se roman Waiting for the Barbarians.

Johnny Depp

9. Sonderlinge eer vir Meghan

Of die koninklike gesin op Nuwejaarsdag voor die radio in Sandringham gaan inskuif om na 'n musikale radioteatersuk oor Meghan, hertogin van Sussex, te luister, is dalk nie altemit nie!

Meghan Markle se lewe voordat sy prins Harry ontmoet het, hul troue en wat die toekoms inhou, word verwerk deur die BBC in ’n musikale radioteater.Foto: AP

10. KYK: Leerling se township-dans laat SA harte warm klop

'n Video van 'n Oos-Kaapse tiener wat 'n sogenaamde township-dans doen, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.