Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 7 Mei 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Vrydag 7 Mei 2021.

Leon Coetzee
Leon Coetzee toe hy Woensdag in die hof verskyn het. Foto: Deaan Vivier
1. KYK: Jolyt toe hof man van Montana borgtog weier

Luide applous en singery het Vrydag in die hof uitgebreek toe Leon Coetzee van Montana in Pretoria borgtog geweier is.

2. Covid-19: Hospitale in Bloem onder druk

'n Pasiënt wat nie haar naam genoem wil hê nie, is Donderdagaand by die Mediclinic Bloemfontein en die Life Rosepark-hospitaal na 'n dagkliniek verwys, en daar is aan haar gesê dit is omdat daar geen beddens meer vir Covid-19-gevalle beskikbaar is nie.

3. Ace se lot dalk naweek verder bespreek

Ace Magashule, geskorste ANC-sekretaris-generaal, se politieke lot sal na verwagting die naweek op ’n spesiale vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) bespreek word.

Johan Coetzee en TIngkel II

4. Tingkel II bring groot blydskap

Oneindig baie soene en blydskap in oorvloed. Dit was Donderdagoggend die toneel in Bloemfontein toe Johan Coetzer (40) verras is met ’n budjie, soortgelyk aan sy geliefde Tingkel, wat onlangs weggevlieg het.

5. Lyk van agent van Helderberg in hotel gevind

’n Eiendomsagent van die Somerset-Wes-omgewing en ’n ouma van vier was hardwerkend en iemand op wie ’n mens altyd kon staatmaak.

Die lyk van Jenny Craig (60), ’n eiendomsagent by Chas Everitt in die Helderberg, is Donderdag in ’n hotelkamer in Gordonsbaai gevind. Foto: Facebook

6. Ace sal nie die ANC laat skeur

Dit lyk of die ANC inplof, want wat jy ook al van Ace Magashule as mens dink, die pos van sekretaris-generaal wat hy in die ANC beklee, is die belangrikste en invloedrykste in die party.

7. Onwelkome soen kos munisipaliteit R3,9 m.

’n Onwelkome oopmondsoen by die werk kos R3,9 miljoen. Maar eintlik gaan dit oor veel meer as die enkele soen – dit gaan daaroor dat ’n werkgewer nie ’n veilige werkplek vir een van sy werknemers geskep het nie.

8. KYK: Só maak jy ’n digitale handtekening

Sedert ons die nuwe werkswyse begin het by ons huise as gevolg van die Covid-19-pandemie, was daar een ding wat my gepla het en dit is dokumente wat gedruk en geteken moet word.

9. ‘Pasella’ kry huldeblyk-seisoen ná SAUK dit staak

Die SAUK het Pasella ná meer as twee dekades gekanselleer en beplan ’n huldeblyk-seisoen met ’n reuse-afskeidspartytjie vanaf Januarie 2022.

10. Basta met respek vir ‘Groot 3’, sê Agassi

Andre Agassi meen die volgende generasie tennisspelers kan nie langer in verwondering van Roger Federer, Rafael Nadal en Novak Djokovic staan nie.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.