Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Vrydag 8 November 2019

Voor jy jou skoen uitskop om die naweek te geniet, vang eers op met hierdie 10 belangrikste nuusgebeure van Vrydag 8 November 2019.

1. Dís wat op SA wag as rommelstatus kom

Die meeste ontleders verwag nou dat Suid-Afrika nie meer rommelstatus kan vermy nie, maar hulle stem nie saam oor wat daarna sal gebeur nie.

MADRID, SPAIN - JUNE 04: Desperate equity trader i
Tot $10 miljard kan regstreeks die land uitvloei indien Moody's Investors Service Suid-Afrika tot rommelstatus afgradeer. Foto: Getty Images

2.  KYK: Man oorleef val van bykans 300 m

“Boeta, die bloed loop by jou oë, ore, neus en mond uit. Gee jy om as ek vir jou bid?” Dit was die eerste woorde wat ’n sakeman van Bloemfontein gehoor het nadat hy 950 voet (290 m) ver geval het in ’n valskerm-ongeluk by Klerksdorp toe ’n ander springer op sy valskerm beland het.

3.  Rox-Zee boikot handsakke ná uitval met vervaardiger

Dit is nie seker of dit ’n kat- of handsakgeveg is nie, maar twee Bloemfonteinse entrepreneurs is erg omgekrap oor die manier waarop Rox-Zee Veldhuizen van Boer Soek ’n Vrou-faam glo met hulle sake gedoen het.

Rox-Zee Veldhuizen
Rox-Zee Veldhuizen Foto: Instagram/roxzeeveldhuizen

4. Onderwyser van Virginia voor huis doodgeskiet

’n Onderwyser van Merriespruit, Virginia, is Donderdagaand onder raaiselagtige omstandighede buite sy erf in Doornstraat doodgeskiet.

5. 5 leerlinge betrek by Bishops-seksskandaal

Vyf. Dit is hoeveel “slagoffers” al na vore gekom het in die seksskandaal wat die spogskool Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, in Oktober geruk het.

6. Oorsese uittog kan Bok-krag in 2020 tap

Rassie Erasmus het vandeesweek, enkele dae nadat die Springbokke die nuwe houers van die Webb Ellis-beker in Japan geword het, die hoop uitgespreek dat Suid-Afrikaanse rugby dié momentum kan behou.

TOKYO, JAPAN - OCTOBER 31: South Africa head coach
Rassie Erasmus / Getty Images

7. Polisiehond snuel vermeende aanvaller in voëlnes uit

’n Plaasaanvaller wat ’n dag lank in ’n versamelvoëlnes in Namibië weggekruip het, kon nie ’n wakker polisiehond uitoorlê wat sy spoor gevolg en hom uitgesnuffel het nie.

8. Virgin Atlantic tot SAL se redding?

Sir Richard Branson het luidens berigte aangedui sy lugdiens, Virgin Atlantic, sal dit oorweeg om ’n belang in die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te bekom.

9. Julian Melck: ’n Boer wonder oor sy familieplaas

Julian Melck, die eienaar van een van die Kaap se oudste familieplase, praat met Murray La Vita oor tradisies wat moet aanpas en die vooruitsig van grondonteiening.

Julian Melck voor die historiese ou opstal op Kersefontein. Foto: Jaco Marais

10. Alle staatswerkers kan nou na private hospitale

Staatsamptenare wat dit voorheen nie kon bekostig nie, gaan volgende jaar toegang tot private hospitale kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.