SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
10-moet-lees-stories: Vrydag, 9 November

Die naweek is uiteindelik hier! Voordat jy jou skoene uitskop - hier is 'n oorsig van die belangrikste nuusgebeure van die dag wat jy moet weet.

1. Minstens 9 vas vir ontvoering van Welkom-vrou

Die polisie het Vrydagoggend minstens nege mense in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van Charmaine Botha (42) van Welkom in die Vrystaat.

Toanette Els buite die landdroshof in Modimolle. Foto: Isabel Venter

2. Aanklagte teen Toanette voorlopig teruggetrek

Al die aanklagte teen Toanette Els (23), een van die topvyf-deelnemers aan die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou, is voorlopig teruggetrek terwyl daar gewag word op ’n finale besluit deur die direkteur van openbare vervolging.

3. Iere geskok oor moord in Kaapstad

Mense in onderwyskringe in Ierland het hul skok uitgespreek nadat John Curran, ’n voormalige Ierse skoolhoof en welsynwerker, in sy woonstel in Kaapstad vermoor is.

4. Protea-kolwers verlep teen Aussies

’n Vyftigtal deur David Miller was nie genoeg om te vergoed vir die Protea-voorslagkolwers se treurige vertonings in die tweede eendagwedstryd teen Australië Vrydag in Adelaide nie.

5. Christo Wiese, Whitey Basson huldig Pep-stigter

Renier van Rooyen (86), stigter van die winkelgroep Pep Stores, is Maandag dood. Christo Wiese en Whitey Basson bring hulde aan hom.

Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, tydens die koetsrit ná hul troue. Foto: Getty Images

6. Koningin: Meghan kry ‘nie als wat sy wil hê’

Koningin Elizabeth het voor die koninklike troue van die jaar ingegryp toe Meghan Markle se aandrang om ’n tiara met smaragde te dra, handuit geruk het, berig The Sun eksklusief.

7. Dít is die groot fout wat DA gemaak het

Wat het verkeerd geloop in die DA en wat is dié party se vooruitsigte in die verkiesing ná die Patricia de Lille-sage? Willemien Brümmer het met kenners – en aunty Pat self – gepraat.

8. Kluis opgeblaas: Polisie weet nie wie 2 beseerdes is

Die polisie kon nog nie vasstel wie die man en vrou is wat dié week in die vroeë oggendure op Theunissen in die Vrystaat beseer is toe rowers ’n kluis met plofstof oopgeskiet het nie.

9. Stellenbosch-koor laat wêreld regop sit

Die Stellenbosch-universiteitskoor se weergawe van die Christina Aguilera-liedjie “Say Something” is ’n treffer op sosiale media, met meer as 3,8 miljoen mense wat reeds daarna op YouTube gekyk het.

10. Jong gesin sterf in Australiese Outback

Die polisie in Australië het Donderdag die lyk van ’n kind gekry ná ’n uitgebreide soektog op land en uit die lug, nadat ’n plaaslike inwoner van die Willowra-distrik Woensdag op die lyke van ’n gesin, wie se motor onklaar geraak het, afgekom het.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.