Hiermee die 10 moet-lees-stories vir Dinsdag 10 September 2019.

Dylan (7) en Nandia Neethling op sy se eerste skooldag. Foto: Facebook
Facebook
1. Ma het ‘nie verwag’ pa sal sy 7-jarige, toe homself skiet
“Ons het dit nie verwag nie,” sê Nandia Neethling (38) nadat haar seun, Dylan Neethling (7), Sondag deur sy pa doodgeskiet is.
2. Dros-verkragting: 7-jarige se skokkende woorde uit toilet
“Mammie, help my!” Dit was die eerste woorde wat ’n ma vanuit die toilethokkie in die vrouebadkamer gehoor het nadat haar dogter op 22 September 2018 in die Dros-restaurant soek geraak het.

Nicholas Ninow Woensdag in die hof.Foto: Deaan Vivier
3. Jong VS-krieketafrigter sterf ná ongeluk
Die dood van ’n jong krieketafrigter en boorling van Kroonstad het skokgolwe deur skolegemeenskappe in die Noord-Vrystaat gestuur.
4. FOTO'S: Hier is Amy’Leigh glo vir 18 uur aangehou
Sy het Amy’Leigh de Jager (6) die dag van haar “ontvoering” gesien. Sy is dáár weggesteek, sê ’n werker op die kleinhoewe wat Pieter van Zyl pas verkoop het, en wys na ’n watertoring. Van Zyl is een van Amy’Leigh se vermeende ontvoerders.

Die stoorkamertjie in die onderste deel van die watertoring op die kleinhoewe waar Amy’Leigh de Jager glo tydens haar “ontvoering” aangehou is. Foto: Felix Dlangamandla
5. Almal wat kan, moet betaal – Mabuza
Elke landsburger wat kan, maar weier om hul munisipale rekeninge te betaal, dra by tot die vernietiging van die land, sê adj.pres. David Mabuza.

Adj.pres. David Mabuza. Foto: CITY PRESS
6. KYK: Joernalis in pekel oor hy Malema glo p-woord noem
“Jou ma se Malema.” ’n Suid-Afrikaanse Twitter-gebruiker meen dít is die polities korrekte manier waarop Suid-Afrikaners van nou af die p-woord moet gebruik. Dit kom nadat Barry Bateman, senior joernalis van Eye Witness News (EWN), die EFFleier, Julius Malema, glo Dinsdag die p-woord genoem het
7. R300 miljard se waarde deur Prosus geskep
Nagenoeg R300 miljard se waarde is Woensdag geskep deurdat Naspers 25% van sy markwaarde as Prosus ontknoop het. Dis die verskil tussen Naspers se markwaarde Dinsdag met die sluiting van die JSE en die gesamentlike markwaarde van Naspers en Prosus Woensdag.
8. KYK: Spiertier kom moses tee op rugbyveld
Die gewilde Youtube-ster Jujimufu het ’n harde les by die Melbourne Rebels geleer – rugby vereis veel meer as ’n gekondisioneerde liggaamsbou en groot spiere.
9. Tracey Lange eindelik verloof!
Die gewilde televisie- en radiopersoonlikheid Tracey Lange en haar kêrel van die afgelope vyf en ’n half jaar het op Facebook aangekondig hulle gaan trou.
10. Listeriose: Meer as 600 eis al van Tiger Brands
Meer as 600 eisers het al toegetree tot die groepgeding vir mense wat deur die listeriose-uitbreking van 2017-’18 geraak is, sê die menseregteprokureur Richard Spoor.