Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Woensdag, 11 Julie

As jy vandag nie kans gehad het om op hoogte te bly van die jongste nuus nie, het ons vir jou 'n lekker oorsig van die dag se interessantste nuushoogtepunte.

1. Vliegramp: Vlugingenieur sterf, vlieënier kritiek

Netwerk24 het betroubaar verneem die vlugingenieur, Christo Barnard, is die persoon wat Dinsdag dood is in die Wonderboom-vliegramp.

Prinses Charlene van Monaco Woensdag in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

2. Charlene bring tweeling om ‘haar land te sien’

Prinses Charlene van Monaco beplan om haar tweeling in Februarie 2019 na Suid-Afrika te bring.

3. Listeriose: Is daar weer rede tot paniek?

Klante wat Woolworths se Savory Rice Mix-produk gekoop het, kan dit na die winkelgroep terugneem en hul geld terugkry, sê Woolworths in ’n verklaring.

4. DStv: SuperSport beskikbaar op goedkoper pakkette

Sportliefhebbers op al DStv se goedkoper pakkette kan uitsien na ’n magdom internasionale en plaaslike sport oor die volgende drie naweke.

5. Moordraaisel: So het Natasha Mans gesterf

Die uitslag van die vermoorde Natasha Mans van Bloemfontein se lykskouingverslag toon sy is dood weens ’n skietwond van voor deur die bors. Daar was ook kneuswonde oor haar liggaam heen.

Pres. Donald Trump Foto: Reuters

6. Trump maak moles nog vóór beraad

Duitsland het Woensdag eerste deurgeloop onder pres. Donald Trump van Amerika se skerp tong met die aanvang van die beraad van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) in Brussel.

7. Nigeriërs kla hulle word in SA vermoor

Pres. Cyril Ramaphosa gaan na verwagting kwaai deurloop onder vrae oor die aanvalle op Nigeriërs in Suid-Afrika wanneer hy Woensdag sy ampsgenoot, Muhammadu Buhari, in Abuja, Nigerië, ontmoet.

8. Henri en Don: ‘Albei verwond deur pa’s’

Albei seuns is verwond deur hul pa’s, maar die wonde kon nooit genees nie. Só bespiegel Julian Jansen en Charné Kemp oor hoekom Henri van Breda en Don Steenkamp hul gesinne sou uitwis.

9. ‘Hulle het oom Henk verniel’

Jannie Lombaard (50) se familie is “geruk” oor die moord op hom Dinsdagaand in sy huis in Leeudoringstad, Noordwes.

Die Kanadese rapper Drake se nuwe album Scorpion met sewe liedjies op die trefferslys het in sy eerste week ná vrystelling The Beatles se rekord van vyf treffers op die Billboard Hot 100-lys oortref.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.