Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 12 Desember 2019

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 12 Desember 2019. 

1. Moord-pa: ‘Ek slaap elke nag goed, my gewete pla nie’

Die vermoorde peuter Liam Nortjé (2) se pa, Nantes (48), sê hy is spyt hy het nie sy kinders anders grootgemaak nie. “Ek sou party dinge anders gedoen het, maar ek is nie spyt oor Liam nie. Cheinelle (sy gewese vrou en Liam se ma) was nie ’n goeie ma nie,” het Nortjé Donderdag aan Netwerk24 gesê. 

2. Mynbou boer agteruit met 2,9% ná beurtkrag

Die Suid-Afrikaanse mynbousektor bevind hom in donker tye. Die sektor het in Oktober met 2,9% gekrimp, wys die jongste syfers wat Statistieke SuidAfrika (SSA) Donderdag gepubliseer het

3. ‘Boris wen dalk nie so maklik nie'

Hoewel meningspeilings aanvanklik aangedui het die Konserwatiewe Party (Tories) van Boris Johnson, die Britse premier, sal Donderdag se algemene verkiesing maklik wen, het dinge in die laaste paar dae verander.

4. Vrou gaan polisie in Wes-Kaap lei

Die nuwe Wes-Kaapse polisiehoof is ’n vrou. Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, en Bheki Cele, minister van polisie, het Donderdag in Pretoria aangekondig lt.genl. Yolisa Matakata, nasionale adjunkhoof van die Valke, word in dié pos aangestel.

5. KYK: R780 000 vir ’n Apple-rekenaar!

As jy sowat R780 000 het wat rondlê, sal Apple se jongste – en duurste – Mac Pro dalk net in jou smaak val.

6. Brakpan-gesinstragedie: ‘Dit was nét moord’

Die polisie het vandeesweek bevestig dat die ondersoek na die dood van Sandra Schwartz (39) en haar drie kinders, Shereé (19), Lee-Ann (16) en Simeon (10), van Brakpan, nou na dié van moord verander is. 

7. Myeni-uitspraak ‘wys publiek kán stem dik maak’

Regter Ronel Tolmay se uitspraak dat dit in die openbare belang is dat die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) kan voortgaan met sy hofaansoek teen Dudu Myeni, wys die publiek kán sy stem teen korrupsie en wanbestuur dik maak

8. Powell behou wenspan vir Kaap

Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, het geloof in die spelers getoon wat verlede naweek in Dubai koning gekraai het deur sy groep onveranderd vir die Kaapstad-sewestoernooi te hou.

9. Namibiese visskandaal kring uit, Investec betrek

Angolese owerhede het ’n strafsaak begin teen ’n voormalige minister van visserye weens haar beweerde betrokkenheid by ’n skandaal wat reeds tot die inhegtenisneming van ses mense in die naburige Namibië gelei het

10. ‘Chernobyl’ is topreeks van die dekade

Volgens die toonaangewende internetrolprentdatabasis IMDb is Chernobyl die topreeks van die afgelope dekade met Game of Thrones en Rick and Morty kort op sy hakke.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.