Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Woensdag, 12 Junie 2019

Indien jy vandag nie tyd gehad het om op die hoogte van nuusgebeure te bly nie, bring Netwerk24 vir jou 'n keur van die dag se 10-moet-lees-stories. 

1. Marelize gaan nie man vang nie

Een ding kan ek nou al vir Marelize sê – sy gaan sukkel om ’n man te kry, skryf Erla-Mari Diedericks.

2. KYK: Oomblik toe bakkie seun tref: ‘Pa, ek leef’

“Pa, ek lewe.” Met dié woorde het Jason Pieters (22), wat vroeër ernstig in ’n motorfietsongeluk beseer is, Maandagaand sy pa vanuit sy hospitaalbed in die hoësorgeenheid van die Pelonomi-hospitaal gegroet.

3. Vermiste boer van Ermelo se lyk op sy plaas gevind

’n Boer van Ermelo in Mpumalanga wat sedert die naweek vermis was, is vermoor. Moolman Meyer (63) se lyk is in die bosse op sy plaas, Waaihoek in die Sheepmoorgebied, gevind.

4. Student op trein met mes gesteek, vrees vir haar lewe

’n Student van Kuilsrivier is in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal opgeneem nadat sy op ’n trein wat haar van die kampus af huis toe sou neem, aangeval en beroof is.

Rob Packham
Rob Packham

5. OORSIG: Packham tot 22 jaar tronkstraf gevonnis

Rob Packham het Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn waar regter Elize Steyn hom tot 22 jaar tronkstraf gevonnis het.

6. Knopkierie-video: ‘Dit was selfverdediging’

’n Boer van Schweizer-Reneke in Noordwes het homself net verdedig teen ’n “betreder” toe hy dié man met ’n knopkierie bygedam het. So sê ’n naby-kennis van die boer wat nie sy of die boer se naam wil noem nie uit vrees vir viktimisering.

prins harry
Foto: Reuters

7. Harry, Meghan kom in SA kuier!

Die Sussex-egpaar kom kuier in Suid-Afrika! Hoewel die presiese datum nog nie bekend is nie, sal die paartjie ook Malawi en Angola besoek.

Ilse Groenewald

8. KYK: Só lyk kelnerin wat tamaai fooitjie kry, én verloor

Die kelnerin van Wellington wat verlede naweek ’n fooitjie van R19 600 by ’n klant in die kroeg ontvang het, wou tot nou toe nie haar naam bekend maak nie, omdat sy bang was vir negatiewe kommentaar en “dat die hele storie suur sou raak”.

9. 6 lede van Kaapse bendeeenheid geskiet

Ses lede van Kaapstad se bende-eenheid, wat pres. Cyril Ramaphosa verlede jaar November met groot fanfare bekend gestel het, is Woensdag in die vroeë oggendure geskiet.

10. Cyril begin nou spiere bult

Pres. Cyril Ramaphosa is duidelik besig om sy mag in die ANC te konsolideer ná die verkiesing in Mei, sê politieke ontleders.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.