Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Woensdag, 12 September

As jy vandag vasgebrand het en nie op hoogte van die jongste nuus kon bly nie - hier is 'n oorsig van wat jy behoort te weet.

Malusi Gigaba.

1. Parlement hoor hoe gewild is Gigaba onder Guptas

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, was glo baie gewild onder lede van die Gupta-familie. Die parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake het dit Woensdagoggend gehoor toe Rudie Heyneke, portefeuljebestuurder vir vervoer van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), voor die kommissie in dié se ondersoek na die vervroegde naturalisasie van die nou voortvlugtige Guptas getuig het.

2. BTW: ‘Net rykes eet broccoli en aarbeie’

Die BTW-paneel het nie genoeg gefokus op produkte wat die armstes van die armes gebruik nie, het Neil Coleman van die Instituut van Ekonomiese Geregtigheid Woensdag gesê.

3. Nuwe iPhone X Max glo duurste nóg

Maak solank ’n afspraak met jou bankbestuurder, want Apple se nuwe iPhone wat hy Woensdag bekend stel, gaan na verwagting die duurste een tot nog toe wees.

4. Brendan: Só kan jy All Blacks klop

Wellington is nie “Sending Onmoontlik” vir die Springbokke nie. Só skryf Brendan Venter in ’n meningstuk vir die Nieu-Seelandse webtuiste www.stuff.co.nz oor Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks.

Brendan Venter, verdedigingsafrigter.

5. KYK: Motorfietsridder stuit grypdief

n Johannesburger het soos ’n ridder op ’n ysterperd ’n grypdief in die verkeer gekeer om met ’n motoris se rekenaar weg te kom. Anton Damhuis (48) was na werk op sy gewone roete deur Alexandra, noord van Johannesburg, op pad huis toe.

6.  Hier's Jo Black se boodskap ná operasie

Die sanger Jo Black is steeds in die hospitaal en ervaar baie pyn ná die nekoperasie wat hy die afgelope naweek ondergaan het.

7. Oud-polisieman (38) dood ná hy van brug spring

’n Voormalige polisieman se lyk is onder die Gouritsrivier-brug op die N2 gekry nadat sy motor verlate met die sleutel daarin op die brug aangetref is.

8. Moordsyfer: ‘Geweld teen boere in Noordwes aangehits’

Ekstremistiese politieke groeperings wat deur opportunistiese uitsprake ’n klimaat van onverdraagsaamheid teenoor boere skep, is waarskynlik een van die redes hoekom daar soveel moorde op plase en hoewes in Noordwes is.

9. Rasherrie - Man in video ‘nie ’n slagoffer’

’n Winkeleienaar van eNtokozweni (Machadodorp) in Mpumalanga en sy gesin het Johannesburg toe gevlug toe die gemeenskap sy winkel aan die brand gesteek en gedreig het om hom dood te maak.

Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum. Foto: Argief

10. ‘EFF, AfriForum voëls van eenderse vere’

Die EFF’s en AfriForums van die wêreld blyk vasbeslote te wees om ons al verder uitmekaar te dryf. Ons moet liewer by die boere leer, skryf Liezel de Lange.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.