Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 13 Januarie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 13 Januarie 2021.

1. 6 van 2 gesinne dood: Ouma vertel van skok, ongeloof

Toe Suzette Schoeman die nuus in Pretoria kry dat haar dogter, skoonseun en kleinseun saam verongeluk het, kon sy dit “al die pad na Harrismith nie glo nie”.

2. Singh wen dié ronde teen Zondo-kommissie

Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Eskom, het vir eers Woensdag se ronde gewen teen die Zondo-kommissie en gaan nou eers later getuig.

3. KYK: Meiringspoort oorstroom ná wolkbreuk

Dele van die N12 by dieMeiringspoortpas buite De Rust in die Wes-Kaap was Woensdagoggend steeds vir verkeer gesluit ná ’n wolkbreuk.

Die Meiringspoortpas is Dinsdagaand ná 'n wolkbreuk gesluit. Foto: Verskaf

4. Pieter Koen positief vir Covid-19 getoets

“Dis maar ’n outjie hierdie, hoor?” sê die sanger Pieter Koen nadat hy positief vir Covid-19 getoets is.

5. Republikeine draai hul rug op Trump

Minstens vyf Republikeine in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het aangedui dat hulle ten gunste daarvan sal stem om pres. Donald Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas.

6. Maskers: Dink voordat jy daai skulderkenning betaal

Wanneer die polisie of wetstoepassers iemand vang wat weier om ’n masker in die openbaar te dra, kan hulle uiteindelik met ’n misdaadrekord sit as hulle skuld beken en ’n boete betaal.

7. Stimulus? Die regering se geld is op

Al is die staat van inperking opnuut verleng en verskerp, moet Suid-Afrikaners nie hul asem ophou vir enige stimuluspakkette van die regering se kant af nie – die geld is doodeenvoudig op.

8. KYK: Smith ontken dat hy teen Indië kul

Die Australiese kolwer Steve Smith ontken dat hy Maandag, op ’n spannende laaste dag van die derde toets teen Indië – Rishabh Pant se kolfmerkie voor die penne met sy stewel probeer doodkrap het.

9. Wanneer kan kinders virus-entstof kry?

Is die Covid-19-entstowwe veilig vir kinders en hoekom word hulle nog nie ingeënt teen die koronavirus nie? Wesley Kufel antwoord vyf kwelvrae oor dié onderwerp.

10.  Hoeveel van Fergie is in haar Mills & Boon-boek?

’n Geskiedkundige liefdesverhaal met ’n stewige skoot van Fergie, prins Andrew se omstrede rooikop-eksvrou, se eie lewe, gaan deur Mills & Boon uitgegee word.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.