Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Woensdag, 15 Mei

As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenie bekommerd wees nie! Hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure.

Tool en Liezel Wessels, met hul dogters Annelie (23) en Jana (20). Foto: Verskaf

1. Skokbesonderhede oor hoe Bonnievale-moord ontvou

Grusame besonderhede van hoe Tool Wessels (55) van die plaas Kapteinsdrif net buite Bonnievale, en sy vrou, Liezel, gemartel is, het Woensdag aan die lig gekom.

2. Oor dié bank kla SA’ers die meeste

Platsak Suid-Afrikaners probeer enigiets om geld in die hande te kry. Hulle gaan kla selfs by die bankombud sonder dat daar enige meriete vir hul klag is, in die hoop dat hulle geld sal kan terugkry. Die ombud het in 2018 die meeste klagtes oor Absa ontvang.

3. Petrolprys daal dalk in Junie - maar nie baie nie

Die petrolprys gaan dalk nie in Junie skerp styg nie – en kan selfs daal. Maar dit sal styf duim vashou oor die volgende paar weke verg.

4. Xander moet derde regspan aanstel ná dag van drama in hof

Xander Bylsma, wat tereg staan weens die moord op Sharnelle Hough, sy voormalige meisie, en Marna Engelbrecht, sy kleinniggie, se regspan het Woensdag onttrek kwansuis weens 'n konflik van belange. 

5. SAUK ‘nie seker’ wanneer Radiopark veilig sal wees

Die SAUK sê hy is nie seker wanneer die Radiopark-gebou weer veilig gaan wees nie. Dié gebou in Auckland Park, Johannesburg, is Woensdag omstreeks 10:00 ná ’n dieselstorting ontruim.

130519w- Nuus -Mahikeng- Xander Bylsma during the
Xander Bylsma.

6. KYK: Bokser wat joernalis soen, geskors

Die swaargewigbokser wat ’n vrouejoernalis in ’n televisieonderhoud in die VSA sonder haar toestemming vasgegryp en op die mond gesoen het, is geskors.

7. Maak só seker jou WhatsApp is weer veilig

Meer as 1,5 miljard mense wêreldwyd gebruik WhatsApp. En diegene met ’n ouer weergawe van die kletsdiens se toestelle is kwesbaar om met spioenasieware besmet te word, het Facebook Dinsdag gewaarsku. Laai só die jongste weergawe van WhatsApp af.

8. Zita Pretorius bevestig – sy is in die geheim getroud

Die sangeres Zita Pretorius het aan Huisgenoot bevestig sy is verlede jaar Desember stilletjies getroud.

9. Cyril: ‘Moenie bekommerd wees oor grond

“Niemand hoef bekommerd te wees oor die grondkwessie in Suid-Afrika nie. Wanneer dit by grond kom wil ons deel van die oplossing wees, nie deel van die probleem nie.” Dit is die boodskap van pres. Cyril Ramaphosa aan Suid-Afrikaners asook beleggers van oor die wêreld.

10. 'Moenie jou Afrikaanse kinders in Engels laat skoolgaan nie'

Eindelose debatte oor taal en -beleide word jaarliks gevoer en teen dié tyd besef almal dat moedertaalonderrig ’n voorreg vir party, en ’n onreg vir ander is. Lees hier Shaznay Henney van Maties se opinie oor moedertaalonderrig. 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.