Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 15 September

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 15 September 2021.

1. Zuma se ontslagdatum ‘geheim gehou’

Geen aankondiging sal gemaak word wanneer oudpres. Jacob Zuma uit die hospitaal ontslaan word nie.

Chané Prinsloo (18) en haar seuntjie, Christian, wat Dinsdagoggend oorlede is. Foto: Verskaf

2. Klein Christian was ’n sonskynkind

Wanneer hy sy mondjie oopgemaak en gelag het, kon ’n mens nie help om ook gelukkig te wees nie.

3. Honde wag vir oorlede eienaar in sy bakkie op plaas

’n Hartseer verhaal het aan die lig gekom in die Matjiesrivier-distrik naby Oudtshoorn toe twee honde op ’n plaas gevind is waar hulle tevergeefs vir hul oorlede eienaar in sy bakkie wag.

Die een hond wag geduldig in die Toyota-bakkie. Foto: Oudtshoorn Dogs in Need

4. Winkels: Nog 2 j. se swaarkry lê voor

Hyprop, eienaar van bekende winkelsentrums soos Canal Walk en CapeGate in Kaapstad, Somerset Mall in Somerset-Wes, en Rosebank Mall in Johannesburg, het weens die Covid-19-inperkings ’n knou van R278 miljoen gekry.

5. Matrieks se eindeksamen begin vroeër

Die matriekeindeksamen is aangepas weens die plaaslike verkiesings wat op 1 November gehou word.

6. Huisrowers skiet Kaapse leerling dood

Die polisie is op soek na drie mans in verband met die moord op ’n matriekleerling van Khayelitsha, Kaapstad.

7. 4 faktore wat ingeëntes se risiko vir Covid-19 verhoog

Ingeënte mense kan steeds deurbraakinfeksies opdoen, maar die kanse dat dit gebeur en die simptome is minder, skryf Vassilios Vassiliou, Ciaran Grafton-Clarke en Ranu Baral.

8. Loop lig vir dié vier anti-enters

In Saterdag se uitgawe van The New York Times was daar ’n wonderlike artikel oor die inentingsituasie in die VSA, ’n rukkie terug, voordat mense wakker geskrik het.

9. Dagga dalk van verbode-lys verwyder

Die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) het ’n adviesraad aangestel om oorsig te doen oor of dagga verwyder moet word van die lys van verbode middels.

10. Bokke kies Trevor en Marvin

Daar is twee veranderings aan die Springbok-agttal vir Saterdag se herontmoeting met Australië in die Rugbykampioenskap.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.