Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 19 Februarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 19 Februarie 2020.

1. Malema se vrou dreig ANC-LP ook met regstappe

’n ANC-LP se “vals bewering” in die debat oor die staatsrede dat Julius Malema, EFF-leier, sy vrou mishandel, het sy gesin erge skade berokken en ’n bespotting van hul kinders by hul skool gemaak.

2. Kospryse: Koop hoender voordat pryse styg!

Dis tyd om jou vrieskas vol hoendervleis te maak, want die kans is goed dat pryse binnekort gaan styg.

3. SA wou my nie keur nie, nou swot ek medies in Letland

Marelize Vermeulen
Marelize Vermeulen


Marelize Vermeulen skryf oor haar mediese studies in Letland nadat sy nie keuring gekry het om in Suid-Afrika medies te studeer nie.

4. ‘Duld van chaos in parlement maak alle LP’s aandadig’ – Lucas

As LP’s die boelietaktiek, wetteloosheid en onverdraagsaamheid wat die staatsrede verlede Donderdag in chaos gedompel het, verder sal duld, is hulle almal aandadig daaraan, sê Sylvia Lucas, adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies.

5. ‘Apartheid was misdaad én sonde gepleeg deur Christene’

Suid-Afrika durf nie toelaat dat die uitlating van oudpres. FW de Klerk Projek Versoening van koers af dwing nie. Maar dit was ’n skop in die maag, skryf Michael le Cordeur.

6Gwede: Myn-tantième kan betaal vir welvaartfonds

Die myne se tantième aan die staat kan gebruik word om die soewereine welvaartfonds te finansier, sê Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.

7. Geld vir SAL kan nie nou opdroog, sê Gordhan

Geld sal steeds in die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gepomp moet word om die onderneming aan die gang te hou totdat 'n sakereddingsplan in werking gestel kan word, sê Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

8. Vrou besmet haar medekerkgangers met koronavirus

’n Vrou (61), wat as “pasiënt 31” bekend staan, het talle mense tydens kerkdienste in die stad Daegoe in Suid-Korea met die Covid-19-virus besmet.

9. G’n ophef gemaak op prins Andrew se 60ste verjaardag

Prins Andrew het Dinsdag sy 60ste verjaardag sonder ’n groot fanfare gevier.

10. The Citizen dank digitale nuusredakteur Friedman af

Daniel Friedman, ook bekend as die komediant Deep Fried Man, is afgedank as digitale nuusredakteur van The Citizen.


Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.