Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 2 April 2020

1. Jagbedryf oornag op knieë

Covid-19 het die plaaslike jagbedryf op sy knieë gedwing, sê Stewart Dorrington, voorsitter van die jagorganisasie Custo dians of Professional Hunting and Conservation.

2. Mango-passasiers bekommerd ná vrou positief toets

Passasiers op ’n Mango-vlug van Kaapstad na Bloemfontein is rasend van bekommernis nadat ’n vrou op dié vlug positief vir die koronavirus getoets is en hulle geen antwoorde van die lugdiens of die owerhede kry nie

3. Federer oor Wimbledon: ‘Verpletterend!’

Roger Federer, die agtmalige Wimbledon-kampioen, het die emosies van tennis se topspelers en ondersteuners Woensdagaand met ’n enkele woord vasgevang.

Roger Federer verlede jaar by Wimbledon. Foto: Getty Images

4. Geheim agter boodskap op R200-noot eindelik opgelos

’n R200-noot met ’n spesiale boodskap in swart ink daarop geskryf, het ’n inwoner van Emalahleni en Facebook-gebruikers laat wonder wat die storie daaragter is.

5. Verskuiwings oor virus: ‘Moenie met vuur speel’

Die regering speel met vuur as hy mense wat in informele nedersettings woon, wil verskuif om te keer dat die Covid-19-pandemie versprei, waarsku die demograaf prof. Flip Smit. Sarel van der Walt het met hom gesels.

6. Lewis van Duckworth-Lewisstelsel oorlede

Tony Lewis, een van die skeppers van die Duckworth-Lewis (DL)-stelsel – daardie onverstaanbare formule wat in werking kom wanneer krieketwedstryde deur reën ontwrig word – is in die ouderdom van 78 oorlede.

7. Mantashe stroop regte soos dief in die nag – aktivis

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, word daarvan beskuldig dat hy die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne (MPRDA)só verander het dat gemeenskappe wat deur mynbou geraak word, feitlik van al hul regte gestroop word.

8. Mbalula wysig wéér aantal passasiers in taxi’s

Minibustaxi’s mag van Donderdag af net 70% vol wees, het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Donderdagaand laat in 'n verklaring gesê.

9. 1ste kwartaal op beurs ’n bloedbad – en erger kom

Die “ergste kwartaal” in jare vir aandelebeurse weens paniek oor die koronavirus se impak, is agter die rug, maar die pyn vir beleggers is waarskynlik nog nie verby nie.

10. Bekroonde sjef moet almal by sy restaurant laat gaan

Die bekroonde sjef Luke Dale-Roberts, wie se vier restaurante werk aan 203 mense verskaf, het Donderdag gesê weens die staat van inperking is alles erg onseker en hy kan nie sê wat van sy restaurante gaan word nie.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.