Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 2 Desember 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 2 Desember 2020.

1. Almal wag vir Cyril om te sê oor nuwe regulasies

Suid-Afrikaners hou asem op om te hoor wat die nuwe inperkingsregulasies is wat pres. Cyril Ramaphosa na verwagting vandeesweek nog gaan aankondig. Volgens bronne is beperkings op die ure vir die verkoop van drank, die hoeveelheid mense wat mag byeenkom en ’n vroeër aandklokreël alles vandeesweek op vergaderings op topvlak bespreek.

2. Hof hoor diere ly glo 8 maande op Modise se plaas

Thandi Modise Dinsdag in die Potchefstroomse streekhof. Foto: Deaan Vivier

Agt maande voordat die haglike omstandighede op Thandi Modise se plaas ontdek is, was daar glo al dooie en uitgeteerde varke op haar plaas naby Potchefstroom. Ferdi van Aswegen, ’n dierevoedingkundige, het Woensdag in die streekhof in Potchefstroom getuig dit het sy “hart gebreek”, en dat hy “geskok en hartseer” was toe hy glo dié situasie in November 2013 op Modise se plaas Modderfontein aangetref het.

3. Saak oor salarisse: ‘Staat wil hof mislei met syfers’

’n Kenner van die tesourie het self aan vakbonde erken dat die staat vanjaar se verhoging in staatsamptenare se salarisse kan bekostig. Die staat sou egter dan 5% van sy werkmag of sowat 60 000 staatsamptenare moes aflê. Só het adv. Chris Orr, namens van die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) en ’n paar onderwysersvakbonde, Woensdagoggend in die arbeidsappèlhof aangevoer.

4. Man wat 4-jarige verkrag, vermoor kry 40 jaar tronkstraf

’n Man wat ’n vierjarige meisie verkrag en minstens nege keer met ’n mes gesteek het, is tot 40 jaar tronkstraf gevonnis. Andile Jamda (34) van Harare in Khayelitsha het Dinsdag ’n pleitooreenkoms met die staat in die hooggeregshof in Kaapstad aangegaan waarin hy beken dat hy Uyathandwa Anothando Stuurmani op 23 Julie 2018 verkrag en vermoor het.

5. Mick Schumacher se F1- droom word waar

Kenners meen Mick Schumacher het ’n blink toekoms in F1. Foto: Getty Images

Mick Schumacher, seun van die legendariese Duitse renjaer Michael, het ’n kontrak met die Haas-span gesluit om van volgende jaar af vir hom in Formule Een te jaag. Dié span, wat in Amerika gesetel is, het in ’n verklaring gesê dat die 21-jarige Schumacher, wie se pa ’n sewemalige F1-wêreldkampioen is, ’n “multi-jaar-kontrak” onderteken het.

6. R48 m. bestee aan muur van net 200 m lank

Terwyl die regering nog besig is om die fiasko by die Beitbrug-grenspos te hanteer, word onreëlmatighede by ’n tweede grensprojek – ’n muur waarvan slegs 200 m gebou maar waaraan R48 miljoen reeds bestee is – vermoed. Patricia De Lille, minister van openbare ondernemings, het Woensdag toegegee dat die KwaZulu-Natalse Kosibaai-grensprojek “duidelik nóg ’n Beitbrug is”.

7. Nóg ’n terugslag vir ATM se mosie teen Cyril

Die African Transformation Movement (ATM) se poging om pres. Cyril Ramaphosa as staatshoof deur ’n mosie van wantroue te ontsetel, is nog ’n knou toegedien. Bantu Holomisa, UDM-leier, het Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Woensdag skriftelik ingelig dat sy party “uit beginsel” nie aan Donderdagmiddag se debat en stemmery vir die mosie gaan deelneem nie.

8. Vakbond kry bloedneus in saak teen SAUK

’n Vakbond wat werkers van die SAUK verteenwoordig, het Woensdag bloedneus in die hof gekry in sy dringende aansoek om die afleggingsproses by die openbare uitsaaier te keer.

9. Covid-19 eis ‘Noot vir Noot’- musikant (45)

Jason Green Foto: Facebook

Die baskitaar- en kontrabasspeler Jason Green, wat onder meer tussen 2003 en 2009 ’n lid van die Noot vir Noot-orkes, Die Musiekfabriek, was, is vroeg Saterdagoggend aan Covid-19 oorlede. Hy was 45.

10. Boucher: Engeland ’n tree voor die res

Die kansellasie van hul opwarmwedstryde weens koronavirus-gevalle in hul geledere was nie ideaal nie en daarom was hulle effens verroes, maar dis nie ’n verskoning vir die T20-reeksnederlaag wat die Proteas se krieketspan gely het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.