Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 20 Januarie 2021.
Mense op sosiale media braak gal oor ’n video wat wys hoe drie polisielede van die Wes-Kaap mans in Worcester aanrand deur hulle te klap en met ’n sambok te slaan.

’n Skermgreep uit die video.
Toe ’n seun van Pretoria sowat tien dae gelede van hoofpyn kla, kon nie hy of sy ma voorsien op watter wipwarit hulle sou beland en presies hoe ernstig siek hy sou word nie.
’n Mens is gelukkig om ’n “retoerkaartjie” te kry, sê die sanger André Swiegers wat Covid-19 opgedoen het.
’n Storm het losgebars om die kop van ’n eiendomsagent van Rawson-eiendomme in die Paarl nadat iemand haar hond alleen in die motor op ’n parkeerterrein gesien het.
Die beëdiging Woensdag van Joe Biden as Amerika se president word voorafgegaan deur ongekende spanning, veral nadat die kongresgebou twee weke gelede bestorm is. Leopold Scholtz ontleed die spanning teen die historiese agtergrond.
Virimi Vakatawa, stersenter van die Franse klubspan Racing 92, het die naweek in ’n oogwink van ’n held in ’n skurk verander toe hy sy span ’n broodnodige drie in ’n Top 14-nederlaag van 23-29 teen Toulon gekos het.
Pleks van probeer ontken dat plaaslike sigaretvervaardigers belasting op groot skaal ontduik, het die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) ’n teenaanval op Tax Justice South Africa (TJSA) gedoen.
Mike Pence, die uittredende Amerikaanse visepresident, was nie teenwoordig toe pres. Donald Trump Woensdagoggend (Amerikaanse tyd) vir oulaas uit die Withuis in Washington stap nie.
Hy word gereeld daarvan beskuldig dat hy deur wit Afrikaners betaal word om Afrikaans te bevorder, maar dit is nie so nie – Afrikaans het hom uit ’n donker plek bevry, sê William Sezoe (19) aan Murray La Vita.
As jy dit enigsins kan bekostig, moet jy dit dalk nou oorweeg om veral rooivleis in grootmaat aan te skaf en te vries.