Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 22 Januarie 2020

Kom op die hoogte met vandag se nuusgebeure. 

1. Lesufi ‘tree binne 48 uur teen Parktown Boys op’

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys,  sê hy gaan gaan “binne die volgende 48 uur” optree teen die Parktown Boys’ High School in Johannesburg. Lesufi het Woensdagoggend in ’n onderhoud met Eusebius McKaiser van 702 gesê in die ondersoek na Enock Mpianzi (13) se dood is daar bewyse wat hom noop om teen die skoolbestuur op te tree.

2. SAL se sakeredders ‘moet met LP’s kom praat’

Die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal genooi word om ’n voorlegging oor hul planne aan LP’s te doen. Dit kom nadat die SAL Dinsdag 19 plaaslike en internasionale vlugte gekanselleer het.

3. Parktown-tragedie: Oord verbreek stilte

’n Week nadat Enock Mpianzi (13) op ’n oriënteringskamp van Parktown Boys’ High School dood is, het die oord waar die tragedie afgespeel het, sy stilte verbreek.

4. Laagste inflasie in 14 jaar, maar kommer oor kos

Vanjaar gaan jy dalk al hoe meer moet lag en betaal om kos op die tafel te sit – al lyk die inflasiesyfers wat pas uitgereik is, goed.

5. Rommelstatus: Moody’s nou erg pessimisties

Die risiko dat Moody’s Investors Service Suid-Afrika in Maart gaan afgradeer, is baie hoog in die lig van sy uitsprake oor die Landbank.

6. Dodelike coronavirus versprei na Amerika

Die dodelike virus wat in Sentraal-China uitgebreek het, is besig om al hoe vinniger te versprei met die eerste geval wat in Washington, Amerika, aangemeld is en ook in Macao, ’n gewilde toeristebestemming wat as die “Las Vegas van Asië” beskryf word.

7. Tito by Davos: ‘Dit gaan oor Afrika’

Wat Suid-Afrika doen, behoort by te dra tot die groei en ontwikkeling van Afrika as vasteland. Dis die boodskap wat Tito Mboweni, minister van finansies, het vir afgevaardigdes wat die  Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jaarlikse beraad in Davos, Switserland, bywoon.

8.  Beurtkrag kos SA tot R118 mjd. in 2019 - WNNR

Beurtkrag het die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2019 waarskynlik tussen R59 miljard en R118 miljard gekos. 

9. In Huisgenoot: Moordvoortvlugtige in Noordwes glo gesien ná Vandekeere-deurbraak

Die inhegtenisneming van die vermeende moordenaar Jurgen Vandekeere, byna nege jaar ná die moord op Chantelle Barnard, het ook vir die familie van die vermoorde Andrea Venter (25) van Rustenburg, in 'n baie soortgelyke saak, weer nuwe hoop gegee. 

10. 3-jarige word lid van Mensa

’n Driejarige Maleisiese seuntjie wat in Brittanje woon het ’n lid van Mensa geword, ’n vereniging vir mense met ’n IK wat onder die top-2% in die wêreld val. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.