Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Woensdag 22 Mei 2019

As vandag dalk net te dol was en jy nog nie 'n kans gehad het om na die nuus te kyk nie, loer dan gerus hier na 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure waarvan jy moet kennis neem.

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr. Foto: Instagram

1. Werk Steve se 'stukkende' DStv-skottel dan nog?

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr wil weet hoekom hy steeds op die betaaltelevisiediens, DStv, se kanale bespreek word en daarop aangedring dat DStv hul boikot eerbiedig deur hom nie op hul kanale te bespreek nie.

2. KYK: Betogers dreig student: ‘Ons gaan jou doodmaak’

“Ons gaan jou f****n doodmaak.” Dít is die woorde wat Chané Venter, en ander studente Dinsdag op die Kovsiekampus in Bloemfontein toegesnou is.

3. Só sê SA diensverskaffers oor ‘Huawei-situasie’

Diensverskaffers het nog geen antwoord vir bekommerde kliënte wat wonder of hul Huawei-toestelle binnekort gaan ophou om Google se produkte te ondersteun nie.

4. KYK: VSA krabbel terug oor oorlogspraatjies met Iran

In pogings om die gespanne atmosfeer en oorlogspraatjies tussen Amerika en Iran te ontlont, sê Patrick Shanahan die dreigemente teen die land is nou verminder.

Kerry Meyer en Nicola Packham sit Maandag in die hooggeregshof toe hul pa, Rob Packham, skuldig bevind is. Foto: Jaco Marais

5. Packham: Dogter sê hy is liefdevolle en toegewyde pa

Die oudste dogter van die moordenaar Rob Packham (58) het haar pa as die beste pa in die wêreld beskryf, ’n liefdevolle toegewyde pa wat vir sy gesin gesorg het.

6. Aktivis glo met hamer en ysterpyp vermoor

Annette Kennealy (50), ’n kampvegter teen plaasmoorde, is met ’n vierpondhameren ’n ysterpyp doodgeslaan in haar huis op ’n afgeleë hoewe buite Louis Trichardt in Limpopo.

7. REGSTREEKS: Cyril amptelik en onbestrede die president van SA

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het die eerste sitting van die Nasionale Vergadering(NV) vir die sesde demokraties verkose parlement saamgeroep.

8. Swys: ‘Aikôna, Steve, Leeus word nie voorgetrek’

Die Leeus het hulle aan die begin van die Superrugby-seisoen dit ten doel gestel om die span met die beste dissiplinêre rekord in dié reeks te wees.

9. Kan raadgewers Cyril help?

Pres. Cyril Ramaphosa is besig om ’n raadgewende eenheid in die presidensie saam te stel, wat hy hoop beleidsontwikkeling en koördinering sal verbeter.

10. Appèl: Nog 1 deur oop vir Henri van Breda

Henri van Breda kan nog die konstitusionele hof nader nadat sy jongste aansoek in die appèlhof misluk het.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.