Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 23 Oktober 2019

Kom op die hoogte met Woensdag se nuusgebeure met ons 10 moet-lees-stories. 

1. Mmusi Maimane bedank as DA-leier

Mmusi Maimane het bedank as leier van die DA. 

2Jagter se vrou skiet haarself glo ná doodskote

Die weduwee van ’n beroepsjagter van Modimolle (Nylstroom) in Limpopo wat Woensdag van sy moord aangekla is, het haarself vermoedelik geskiet in die voorval wat aanvanklik na gesinsgeweld gelyk het.

3.  Medupi se vervoerband weer reg

Die steenkoolvervoerband by Medupi wat verlede week onverklaarbaar beskadig is, is herstel. Dit beteken nog 700 MW krag is reeds by die nasionale netwerk gevoeg wat by dié megasteenkoolkragstasie opgewek word.

4‘Geen revolusie so groot soos NGV’

Daar sal vir die volgende 100 jaar geen ander revolusie so groot soos die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in Suid-Afrika se gesondheidsektor wees nie. Dr. Sibongeseni Dhlomo, voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, gesê. 

5. Bobaas-baljagter Brüssow bêre sy stewels

Heinrich Brüssow is klaar met rugby. Die 33-jarige oud-Springbokflank het weens ’n kniebesering self besluit om sy kontrak met die Engelse klubspan Northampton Saints kort te knip. Dit sou eers middel volgende jaar verstryk het.

6. KYK: Brexit-chaos word net groter

As daar één woord is wat die Britse politiek van die laaste drie en ’n half jaar beskryf, is dit die begrip van chaos. Vandeesweek moes die Brexit-knoop uiteindelik deurgehak word. Maar die chaos word net ál groter. Leopold Scholtz rig ’n vermoeide blik op ’n vermoeidende proses.

7. EFF-mosie om ‘ou Afrikanersimbole’ te verwyder, verwerp

’n Mosie deur die EFF om “ou Afrikaner-simbole” soos die standbeeld van genl. C.R. de Wet voor die Vierde Raadsaal in Bloemfontein te verwyder, is verwerp.

8. Vermoorde boer se vrou 2 j. later mismoedig oor ondersoek

Twee jaar ná die moord op Joubert Conradie (47), voel dit vir sy weduwee, Marlene, asof die polisie ’n streep deur die ondersoek getrek het

9. Petrolprys: Só staan sake nou vir November

Ondanks ’n sterker rand en goedkoper olie die afgelope maand, is dit nie ’n uitgemaakte saak dat petrol in November goedkoper word nie.

10. Kolbe dalk nie fiks vir halfeind

Die Springbok-blits Cheslin Kolbe se besering is veel ernstiger as wat vermoed is. Die vleuel S’bu Nkosi se teenwoordigheid op Woensdag se nuuskonferensie kan ’n aanduiding wees dat hy, en nie Kolbe nie, in Sondag se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Wallis in Jokohama speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.