Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Woensdag 24 April

Hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure.

1. KYK: Ace toegang geweier by wit woonwapark

Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, se besoek aan Hermanus in die Wes-Kaap het Woensdagoggend op ’n suur noot begin toe hy en ander ANC-lede toegang tot ’n woonwapark, waar hoofsaaklik wit gesinne permanent woon, geweier is.

2. Brief onthul onderwysers vlug oor kinders se gedrag

Leerlinge se swak gedrag lei glo daartoe dat die Hoërskool Vanderbijlpark onderwysers verloor en die skool sal hom nie verder bemoei om onderwysers in vakante poste aan te stel wat weens hierdie rede die hasepad kies nie.

Die brief aan die ouers van die Hoërskool Vanderbijlpark.

3. DA ‘het bewyse’ ANC sit agter protes

Die DA het bewyse dat die ANC agter die gewelddadige betogings sit wat townships soos Alexandra in Johannesburg en ander plekke in Gauteng ontoegangbaar maak, het Mmusi Maimane, leier van die DA, gesê.

4. DA verkla ANC oor bewerings oor Maimane en gays

’n WhatsApp-boodskap op ’n ANC-groep waarin daar beweer word dat Mmusi Maimane, DA-leier, ’n rassis en homofobies is, gaan nou draai by die Verkiesingskommissie (OVK).

5. Man kan 30 jaar sit oor hy glo Kaapse treine uitbrand

Die man wat na bewering gedurende Paasnaweek treinwaens in Kaapstad se stasie aan die brand gesteek het, kan tot 30 jaar tronkstraf kry as hy skuldig bevind word.

6. Oliepryse styg, Eskom laat rand verder verswak

Die rand het Woensdag met nog 10c of 0,7% verswak tot R14,35 teenoor die dollar nadat die nuus oor Eskom se reddingsboei verder na die mark deurgesyfer het ná die Paasnaweek.

7. Psigiaters van SA skaar hulle agter Semenya

Die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se voorgestelde regulasies oor testosteroonvlakke is “medies oneties, dit skend menseregte en misken die bewyse van natuurlike variasie in menslike gender”.

Caster Semenya / Foto: Getty Images

8. SA man in Sydney voorgekeer ná kokaïenvonds

’n Suid-Afrikaner van Edenvale, Gauteng, is in Sydney, Australië, in hegtenis geneem weens die invoer en besit van 70 kg kokaïen ter waarde van sowat $34 miljoen.

9. Staat: Packham het met opset vermoor

Die enigste afleiding wat van sy optrede gemaak kan word, is dat Rob Packham (58), ’n sakeman van Kaapstad, sy vrou van byna 31 jaar met opset vermoor het.

Rob Packham
Rob Packham vandag in die hof. Foto: Jaco Marais

10. G’n bewyse dat bomme uit wraak was, sê NS-premier

Sy weet nie van enige inligting wat daarop dui dat die selfmoordbomaanvalle Sondag in Sri Lanka uit weerwraak vir die aanvalle op twee moskees in Christchurch in Nieu-Seeland uitgevoer is nie, sê Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier.

Meer oor:  10-Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.