Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 25 November 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 25 November 2020.

1. Gr. 9-seun bel pa voordat hy inmekaarsak en sterf

’n Gr. 9-leerling aan die Hoërskool Ellisras in Lephalale in Limpopo is ses dae voor sy 16de verjaardag dood nadat hy vroeg Dinsdagoggend by die skool inmekaargesak het.

Jandre Stanz (15), ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Ellisras in Lephalale, is Dinsdag by die skool dood. Foto: Facebook/Hoërskool Ellisras

2. Hoekom Kaap wil afstig

Prof. Hein Willemse reageer in sy rubriek “Ons toekoms is in eenheidstaat” (18.11) op my onlangse toespraak voor die Kaapse Persklub oor politieke opsies vir die mense van die Wes-Kaap.

3. KYK: Nóg 2 vragmotors brand nadat Cyril aanvalle veroordeel

Kort nadat pres. Cyril Ramaphosa Woensdagoggend in ’n verklaring die aanval op vragmotors sterk veroordeel het, is berigte ontvang van nog twee voertuie wat aan die brand gesteek is.

4. Petrolprys: Sterkste rand in 9 maande help motoriste

Hoop dat ’n entstof teen die nuwe koronavirus binnekort gevind kan word en die wêreldekonomie danksy dit weer op dreef kan kom, het die olieprys pas tot die hoogste vlak in byna nege maande laat styg.

5. Botswana, Namibië wil spanning ontlont ná skietery

Pres. Hage Geingob van Namibië en pres. Mokgweetsi Masisi van Botswana probeer agter die skerms gemoedere kalmeer nadat vier Namibiërs vroeër vandeesmaand op die Choberivier tussen dié twee lande deur soldate van Botswana doodgeskiet is.

6. Paar tekkies weg ná dubbele moord

’n Paar tekkies is blykbaar al wat weg is by ’n dubbelmoordtoneel in Port Elizabeth se Helenvale-gebied.

7. Meghan Markle praat oor miskraam

Sy het haar eersteling, Archie, in haar arms vasgehou en ’n wiegeliedjie vir hom geneurie terwyl sy besig was om haar tweede kind te verloor.

8. Kommer oor hoë styging in lone vir plaas-, huiswerkers

Die nasionale minimum loon gaan dalk in 2021 met sowat 4,5% tot R21,70 per uur verhoog word, maar die finale besluit daaroor is nog nie geneem nie.

9. Soektog na Afrika-fietsryster duur voort

Die soektog deur Douglas Ryder se fietsryspan na ’n fietsryer van Afrika, wat eendag in ’n prestigeryke wedren soos die Tour de France op die podium kan staan, is nog nie laat vaar nie.

10. ANC-politikus wat van verkragting beskuldig word is terug op sy pos

Slegs dae nadat pres. Cyril Ramaphosa vanjaar se veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders bekend gestel het, is ’n senior lid van die ANC in Mpumalanga se provinsiale uitvoerende komitee wat tereg staan op aanklagte van verkragting, terug op sy pos.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.