Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 26 Februarie 2020.
Die begroting vir 2020 van Tito Mboweni, minister van finansies, fokus daarop om die regte ding op kort termyn te doen, maar gaan dit die ekonomie op lang termyn red?
Lees ook:
Die risiko dat Suid-Afrika tot volslae rommelstatus afgegradeer gaan word, het Woensdag groter geword.
Die ouers van Lindokuhle Masuku (14), die leerling wat Maandag by die Queens High School in Johannesburg ontvoer is, is dankbaar dat hy veilig en ongedeerd tuis is.
4. KYK: Hoe kan dit normaal wees? vra Imaan (7) se familie
Imaan Solomons (7) is Dinsdagaand drie keer raakgeskiet en is later dood nadat sy in strydende bendes se kruisvuur beland het. Foto: Facebook
Die 7-jarige Imaan Solomons is Dinsdag omstreeks 18:00 drie keer in haar bors getref deur die koeëls van strydende bendes in Ocean View naby Kommetjie buite Kaapstad.
Geheime agendas, sabotasie en hartseer was aan die orde van die dag by die SAUK in die tyd toe Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof, sy stempel daar afgedruk het.
Desmond Nair, hooflanddros van Pretoria, is voorlopig geskors hangende die uitslag van ’n ondersoek na sy geskiktheid om sy amp te beklee.
Hy glo nie die NG kerk Moreletapark wil net afstig nie, het ds. Dirkie van der Spuy, voormalige leierpredikant van dié makro-gemeente in Pretoria, Dinsdag gesê.
Die vyfmalige Grand Slam-tenniskampioen Maria Sharapova het haar uittrede Woensdag bekend gemaak in ’n rubriek wat sy vir Vogue en Vanity Fair geskryf het.
Die Franse Rugbyfederasie (FFR) ondersoek aantygings van rassistiese uitlatings in ’n wedstryd wat sewe rooikaarte en drie geelkaarte opgelewer het
“Hulle het geen reg om so met die koningin te praat nie.” Só het Thomas Markle, die vervreemde pa van Meghan, hertogin van Sussex, gesê toe hy om kommentaar genader is oor die ont-“Royal” van sy dogter en haar man, prins Harry.