Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 27 Januarie 2021.
Elizabeth Hurley, die Britse aktrise en model, het wéér die tonge los oor ’n gewaagde uitrusting.
’n Man wat algemeen as Kaapstad se suidelike voorstede se perlemoen-koning beskou is, is in Schaapkraal naby Mitchells Plain in ’n sluipmoordaanval dood.
“Twee weke en twee dae gelede is die wêreld onder my uitgeruk. My hart en gees is gebreek. Dis onregverdig, dit voel soos ’n droom.”

Die Greyling-gesin: Jacques Marais, Ian Greyling, Jordan Marais, Christa Greyling en Donovan Delport. Foto: Verskaf
’n Bekende boer van die Dealesville-distrik het Maandagaand sy weke lange stryd teen Covid-19 verloor.
Die situasies in hul sketskomediereeks Ben & Bez gaan vir kykers herkenbaar wees, maar dit gaan net so ’n bietjie “maller” wees as die werklikheid, sê Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie aan Murray La Vita.
Ek dink nie dit was nodig dat Max du Preez, uitgewer van vryeweekblad.com, teenoor Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit-beweging, “bieg” omdat hy skepties was oor hul idees oor “selfversorgendheid en die nodigheid om mense daarvoor te mobiliseer waar die staat misluk nie”.
Nick Kyrgios gaan nie sy kritiek van Novak Djokovic staak nie en sê sy morele waardes noop hom voort te gaan om sy eweknieë vir “swak gedrag” te berispe.
Eskom is besig om die inligting wat bestaan oor die gevaar van aardbewings vir die Koeberg-kernkragstasie by te werk.
Die rasgegronde toerismefonds wat pres. Cyril Ramaphosa bekend gestel het, is “skadelik en onaanvaarbaar”.
Die regering se reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte (Sahpra) gaan eersdaags begin met ’n program wat “beheerde en gekontroleerde deernistoegang” tot ivermektien vir die behandeling teen Covid-19 moontlik maak.