Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 29 Januarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 29 Januarie 2020. 

1. Koronavirus: ‘SA het nog nie rede tot kommer’ – Mkhize

Die departement van gesondheid sê hy sal nie die 35 Suid-Afrikaners in Wuhan in China na Suid-Afrika terugbring nie.

2. Dudu Myeni se verhoor begin uiteindelik

Bykans drie jaar nadat daar by die hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen is dat Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), tot misdadige direkteur verklaar word, het dié verhoor Woensdag uiteindelik afgeskop.

3. KYK: Trump en die ‘Boltonbom’

'n Reeks onthullings in ’n manuskrip van John Bolton, afgedankte nasionale veiligheidsraadgewer van pres. Donald Trump, het soos ’n handgranaat in die Trump-kamp ontplof en paniek veroorsaak.

4. Rafa buig die knie voor Thiem

Wéér hartseer in Melbourne . . . Rafael Nadal is in vier stelle deur Dominic Thiem uit die Australiese Ope geboender. Foto: Reuters

Rafael Nadal kan maar sy tasse begin pak vir sy vertoonwedstryd in Suid-Afrika, nadat hy hom Woensdag in die kwarteindronde van die Australiese Ope vasgeloop het teen ’n gefokusde, vegtende Dominic Thiem. 

5. Cell C bly Haaie se borg ondanks geldtekort

Skaars ’n dag nadat hy die mark ingelig het hy gaan versuim om die rente of kapitaal op sy skuld te betaal, kondig Cell C aan hy is vir die volgende drie jaar nog die Haaie se hoofborg. 

6. Heinz en Aletté se dogter tuis: ‘Die seuns wil net hand bysit'

Die sanger Heinz Winckler se vrou, Aletté-Johanni, het onlangs die lewe geskenk aan die paartjie se vierde kind, 'n dogtertjie, en hul seuntjies is in die wolke oor hul sussie se koms. 

7. Stadige internet: Herstelwerk aan kabel begin

Tegnici aan boord van die Léon Thévenin het begin om skade aan die ondersese Wacs-internetkabel langs die kus van die Demokratiese Republiek die Kongo te herstel.

8. Eskom stoei steeds om ligte aan te hou

Hoewel beurtkrag meer as twee weke laas nodig was, voer Eskom steeds ’n opdraande stryd om die land se ligte aangeskakel te hou.

9. Oud-Bokstut (79) van WP sterf

Gert Kotzé, ’n voormalige Springbokstut van die Westelike Provinsie, is Woensdag in die ouderdom van 79 in Durbanville dood.

10. Uiteindelik! Brexit is gedoen!

'n Donkerblou leergebinde lêer met die amptelike Brexit-dokumente is Woensdag deur Brittanje se aangewese ambassadeur in die Europese Unie (EU) aan ’n senior EU-amptenaar vir ’n finale koebaai-handtekening oorhandig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.