Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 4 Augustus 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 4 Augustus 2021.

1. LP’s soek nóú antwoorde oor Mkhize

Pres. Cyril Ramaphosa gaan dringend versoek word om die verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) oor dr. Zweli Mkhize en die Digital Vibes-tenderskandaal waaroor hy die land reeds geruime tyd “in die duister hou”, aan die parlement beskikbaar te stel.

2. Sasol: Dorp boos oor ‘verpligte inenting óf toets’

Sasol-werknemers of werknemers van diensverskaffers van Sasol wat nie betyds ingeënt kan word teen Covid-19 nie of hulle nie wíl laat inent nie, sal dalk R3 400 moet opdok vir verpligte weeklikse Covid-19-toetse.

Marco V. Masotti, die Amerikaanse belegger in die Haaie, sê sy twiet oor regshulp van ’n span New Yorkse prokureurs vir Rassie Erasmus en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie was tong-in-die-kies bedoel.

3. Masotti sê New York-prokureurs sal Rassie help

Marco V. Masotti, die Amerikaanse belegger by die Haaie, sê hy het ’n span New York-prokureurs om vir Rassie Erasmus en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) by te staan in die tugverhoor wat Wêreldrugby op hulle wil afdwing.

4. Miljoene rande se skade ná beeste vuil water drink

’n Boer van Gauteng raam hy het al byna R5 miljoen se skade gely nadat onder meer 14 van sy Brahman-stoetbeeste gevrek het nadat hulle rioolbesoedelde water gedrink het.

5. ‘Sy was my alles,’ sê ma ná matriekmeisie se dood

“Sy was my enigste kind. Sy was my alles,” sê Liza Venter van Polokwane nadat haar 18-jarige dogter, Kayla Smith, Saterdag in die Netcare Pholoso-hospitaal in die stad gesterf het.

6. Zuma sal na hof geneem word vir korrupsie-verhoor

Die hooggeregshof het 'n aansoek deur oudpres. Jacob Zuma se regspan toegestaan dat Zuma self in die hof wil wees vir sy korrupsieverhoor, wat in Pietermaritzburg aangehoor word.

prinses charlene, prins Albert
Foto: Getty Images

7. EKSKLUSIEF: ‘Bog, prinses Charlene staan nie op skei’

Stories in die internasionale media dat Suid-Afrika se prinses Charlene en haar man, prins Albert van Monaco, gaan skei, “is louter bog”.

8. Wat soek Zweli nog in kabinet?

Hoe lank gaan pres. Cyril Rama­phosa nog deur ’n pandemie kan voortstoom met ’n minister van gesondheid wat met spesiale verlof is?

9. Buitelanders kanselleer nou reise oor SA stadig inent

“Is my masseur ingeënt?” of “Is my kelner ingeënt?” en “Wat is die inentingstatus van die toergids saam met wie ek rondry?” is die soort vrae wat Heidi Monsma, reisbeplanner, daagliks kry. Jana Marx het met haar gesels.

Die nuwe Barbie wat soos prof. Sarah Gilbert van die Universiteit van Oxford lyk. Foto: Reuters

10. KYK: ‘Entstof-Barbie’ geskep om prof te vereer

Die Britse professor Sarah Gilbert, medeontwikkelaar van die Covid-19-entstof, het baie pryse vir wetenskap agter haar naam, maar nou deel sy ook ’n prestasie met onder andere die sangeres Beyoncé, die aktrise Marilyn Monroe en die voormalige Amerikaanse presidentsvrou Eleanor Roosevelt.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.