Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 5 Augustus 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 5 Augustus 2020. 

1. Stella-moorde: Een ma vergewe Xander, die ander kan nie

Rianet Engelbrecht moes “sterk bly” vir haar gesin nadat haar dogter vermoor is, maar sy het later in so ’n erge depressie verval dat sy selfdoodgedagtes gekry het. Engelbrecht het egter besluit om Xander Bylsma (21), wat haar dogter, Marna (16), in 2018 vermoor het deur haar met die lus van ’n drasak te verwurg, te vergewe sodat die proses van innerlike genesing vir haar kan plaasvind.

2. Noodaankope van PPE’s gestaak weens korrupsie

Daar is prima facie-bewyse dat die nasionale tesourie se voorskrifte oor hoe persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) vir die land se stryd teen die Covid-19- pandemie aangekoop moet word, nie in alle gevalle stiptelik nagekom is nie, sê Tito Mboweni, minister van finansies.

3. Packham mag nie appelleer, sê hoogste hof

Die veroordeelde moordenaar Rob Packham se laaste poging om teen sy uitspraak en vonnis te veg, is finaal verby.

4. Liberty verwag 54 000 kan in SA aan Covid-19 sterf

Die versekeraar Liberty verwag dat tot 54 000 Suid-Afrikaners aan Covid-19 kan sterf.

5. KYK: Lebanon vir 3 dae in rou ná ontploffing in Beiroet

Lebanon sal vir die volgende drie dae in rou wees ná ’n groot ontploffing Dinsdag in die hoofstad, Beiroet, se hawe.

6. Kyk: Man doodgeskiet, winkels in Dullstroom geplunder

’n Man is doodgeskiet, paaie is met klippe versper, bande is gebrand en winkels geplunder gedurende betogings in Dullstroom, Mpumalanga. Die betogings het Dinsdag begin en Woensdagoggend voortgeduur.

7. MK-veterane vaar uit teen ‘vraatsugtige aasvoëls’ in ANC

“As julle dink julle kan voortgaan met jul selfverryking, wag daar ’n verrassing op julle. Genoeg is genoeg.” So sê die Umkhonto weSizwe-vereniging vir militêre veterane (MKMVA) Woensdag in ’n hoogs verontwaardige verklaring oor sy moederorganisasie.

8. 1 dood, 2 polisielede gewond in skietery

Twee polisielede is per helikopter na ’n hospitaal vervoer ná ’n skietery Woensdagoggend naby die Tshwane-distrikshospitaal. Volgens Xander Loubser, woordvoerder van die Best Care-ambulansdiens, was die skietery tussen polisielede en verdagtes.

9. Nathi dreig 3 sporte oor transformasie

Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, is ontevrede oor gebrekkige transformasie in krieket, hokkie en swem. Nou dreig Mthethwa om hul regeringsubsidies te onttrek en om dié drie sportbeheerliggame te verbied om te bie om internasionale byeenkomste aan te bied.

10. Diepteverslag: Covid-19 se babelaas

Op sosiale media staan dié eindelose “babelaas” van die nuwe koronavirus as “#Long Covid” bekend en die pasiënte beskryf hulself as “long haulers”. Willemien Brümmer skryf oor dié Covid-19-lyers wat atlete geword het in ’n marathon waarvan die eindstreep net verder weg geskuif word.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.