Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag 5 Mei 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 5 Mei 2021.

Ace Magashule Foto: Daily Sun
1. Ace Magashule geskors

Ace Magashule is tydelik deur die ANC geskors. Hy sal vir die duur van sy skorsing egter steeds sy salaris en ander ampsvoordele ontvang.

2. Valke kry nuwe forensiese verslag oor Steinhoff

Die Valke het die verslag van die ouditeursfirma PwC ontvang oor die bykomende forensiese ondersoek wat gedoen is na die beweerde bedrog by Steinhoff.

3. Pieter-Dirk Uys: Kom ek vertel julle oor régte vrees

Suid-Afrika se voorste satirikus, Pieter-Dirk Uys, het die eerste Artfluence-kunstefees vroeër vandag geopen met ’n toespraak waarin hy vertel van ’n persoonlike ervaring tydens apartheid – ’n gebeurtenis wat hy met die huidige vrees vir die onsigbare koronavirus vergelyk.

Die skrywer, akteur en satirikus Pieter-Dirk Uys het die openingstoespraak op die eerste Artfluence-kunstefees gelewer. Foto: Verskaf

4. Gauteng se kragnetwerk ‘op rand van ingee’

Koue weer en ’n oormaat onwettige verbindings aan die kragnetwerk is besig om die Gautengse kragnetwerk tot die uiterste te beproef, en Eskom waarsku dat hy drastiese stappe moet doen.

5. UITTREKSEL: ‘Meeste dae is dit moeilik om swart boere te wees’

Die meeste dae is dit moeilik om swart boere te wees, vertel Siviwe Tikana aan Ivor Price in dié aangrypende uittreksel uit Hartstories van ons land se boere.

6. Wapenlisensies: Polisie werk glo hard aan agterstande

Alles moontlik word gedoen om die enorme agterstand uit te wis wat met die uitreiking van nuwe of die hernuwing van bestaande vuurwapenlisensies ontstaan het.

Leon en Suretha Foto: FACEBOOK
Leon en Suretha Brits. Foto: Facebook

7. Suretha Brits stel private speurder aan

’n Private speurder wat as ’n polisie-offisier bekendheid vir speurwerk verwerf het, is vroeër deur Suretha Brits, aangeklaagde in die Pofadder-moordsaak, aangestel om namens haar ondersoek in te stel om haar onskuld te bewys.

8. ‘Ouderdom’ rede vir prins Philip (99) se dood

Prins Philip (99), hertog van Edinburg, is volgens sy doodsertifikaat aan ouderdom dood, het die Britse The Telegraph Woensdag eksklusief berig.

Prins Philip Foto: Getty Images

9. Eskom se loondispuut: Goue middeweg ontwyk

Die National Union of Mineworkers sê Eskom moet ’n “behoorlike” aanbod vir verhogings maak, want die 0%-verhoging wat Eskom aan werknemers aanbied, is “net ’n belediging”.

10. Oud-Aussie-toetsspeler ontvoer, 4 vas

Die Australiese polisie het Woensdag vier mans in hegtenis geneem in verband met die gewapende ontvoering van die voormalige toets-draaibalbouler Stuart MacGill.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.