Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Woensdag, 9 Oktober

As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuusgebeure, hier is 'n oorsig van wat jy moet weet.

Robert McBride. Foto: Daily Sun

1. McBride, kollegas vra interdik teen OB se remediërende stappe

Robert McBride, voormalige hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), en sewe van sy oudkollegas het die hooggeregshof in Pretoria vir ’n tydelike interdik teen adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), haar kantoor en drie ander respondente gevra.

2. Krisis! En ons had g’n plan – Eskom aan parlement

Dit is dringend noodsaaklik dat ’n energieplan vir Suid-Afrika ontwikkel word omdat die volgende paar jaar ernstige probleme vir Eskom en die energiebedryf gaan meebring.

3. Karlien ‘geskok maar gelukkig’ oor swangerskap

Haar swangerskap is onverwags en onbeplan – tog is sy in die sewende hemel daaroor, sê die sangeres Karlien van Jaarsveld. Die sangeres het dié nuus Woensdagoggend aan Huisgenoot bevestig. Sy is 13 weke swanger.

Sy’s modelmooi, ’n gewilde sangeres en ’n raakvatt
Sy’s modelmooi, ’n gewilde sangeres en ’n raakvatterma vir haar tweelingseuns en dogtertjie, Elah. Foto: Willem Botha

4. Wallis sweet bloed teen Fidjiane

Wallis het Woensdag in die strik getrap om rugby te wil speel soos Fidji dit verkies, maar kon hom betyds loswikkel om hul Wêreldbeker-wedstryd in Sjizoeoka met 29-17 te wen.

5. Naspers het ’n nuwe mark in sy visier

Bob van Dijk, hoof van Naspers, het Woensdag tydens ’n geleentheid in Johannesburg gesê die internetreus gaan hom nou toespits op Afrika. Hy meen die kontinent is “die volgende Indië en China”.

6. Jong verhoogakteur sterf skielik

Die akteur Given Mkhize (27), wat in Janice Honeyman se jongste pantomime Jack and the Beanstalk sou opgetree het, is dood.

Phuthi Mahanyele-Dabengwa en Bob van Dijk. Foto: William Horne

7. Bok-broers midde in ‘Stalinistiese’ boete

Montpellier is met €470 000 (meer as R7,8 miljoen) deur die Franse rugbyliga (LFP) beboet omdat die klub versuim het om by die Top14-reeks se salarisbeperkings te hou.

8. Game kry nuwe lewe met nuwe pienk naam

Die sukkelende algemene handelaar Game het sy handelsnaam opgeknap, maar sy “skelpienk” kleur behou. Netwerk24 het onlangs berig oor hoe beroerd dit gaan by Game, wat deur die genoteerde Massmart-groep besit word. Massmart se grootste aandeelhouer is die Amerikaanse kleinhandelreus Walmart.

9. Vermoorde landdros se weduwee ‘wag’ nog vir hom

Partykeer betrap sy haarself nog dat sy wag dat haar man huis toe kom, maar dan onthou sy hy is voor hul huis vermoor. Velapha Mabunda se man, Victor (50), is verlede jaar voor hul huis in Bronkhorstspruit doodgeskiet.

10. Wakeford kruisondervra Agrizzi later

Kevin Wakeford, voormalige uitvoerende hoof van Krygkor, sal nog ’n maand of twee moet wag voordat hy vir Angelo Agrizzi voor die Zondo-kommissie kan kruisondervra.

Meer oor:  10-Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.