Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 sterf naweek op Wes-Kaapse paaie
Foto: Pixabay

Tien mense is reeds die naweek op paaie in die Wes-Kaap dood.

’n 42-jarige vrou is Saterdagaand in ’n ongeluk in Ocean View dood en ’n 19-jarige voetganger is dieselfde aand in Lentegeur doodgery.

’n 40-jarige voetganger is vroeër die aand op die N1 naby die Paarl dood.

’n 57-jarige motorfietsryer is Saterdag in ’n ongeluk in Seepunt dood en twee voetgangers is die oggend kort ná middernag in Maitland doodgery.

’n 29-jarige man is vroeër die aand by Du Noon doodgery.

Vrydag is ’n manspassasier in ’n motorongeluk in Riebeek-Wes dood. Twee passasiers is in ’n ongeluk in Worcester dood.

Die verkeersowerhede het meer as 3 000 motoriste van die pad getrek en byna die helfte is vir alkoholmisbruik getoets.

35 bestuurders is weens dronkbestuur aangekeer. Die hoogste alkohollesing was in Somerset-Wes waar ’n bestuurder vyf keer oor die wettige perk was.

’n Verdere ses bestuurders is in hegtenis geneem weens ’n verskeidenheid oortredings wat wissel van vervalste dokumente tot die besit van dwelms.

’n Onwettige immigrant is in George aangekeer.

Die verkeersowerhede het meer as 460 boetes ter waarde van altesame meer as R500 000 uitgereik.

Een bestuurder het 170 km/h in ’n 120 km/h-sone gekry in Brackenfell, noord van Kaapstad. By Swellendam het ’n bestuurder 142 km/h in ’n 100 km/h-sone gery.

Meer oor:  Motorongelukke  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.