Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
100de met ete bederf op Vrouedag

Dit is ’n dag wat sy nooit sal vergeet nie.

So sê Sina Rossouw (68), ’n inwoner van Heidedal in Bloemfontein wat vir die eerste keer ’n uitnodiging na ’n ete ontvang het.

Sina Rossouw hou die uitnodiging vas wat sy van Gospel Workers Ministries ontvang het, terwyl past. Willie Norris by haar staan. Foto: Mlungisi Louw

Rossouw was een van sowat 400 vroue wat op Vrouedag deur Gospel Workers Ministries met ’n aansit-ete en vermaak bederf is. Elke vrou het spesiaal ’n uitnodiging na die ete ontvang.

’n Emosionele Rossouw sê sy het nog nooit vantevore ’n uitnodiging na ’n geselligheid of ete ontvang nie.

“Ek het nie woorde nie. Al wat ek kan sê, is dankie, dankie dat iemand darem nog aan my dink.”

Sy sê as sy nie die uitnodiging ontvang het nie, sou sy haar met huiswerkies besig gehou het.

Terwyl sy aan tafel sit, sê sy dat sy die dag ten volle sal geniet en nooit sal vergeet dat daar nog mense is wat omgee nie.

Past. Willie Norris sê die dag is spesiaal vir vroue soos Rossouw gereël om hulle te bemoedig en te bemagtig.

“Die tafel is vir vroue soos Sina gedek om hul waardigheid te herstel, hulle spesiaal te laat voel en dat hulle ook ’n dag van blydskap sonder enige kommer kan geniet.”

Hy sê die kerk het begrip vir die verwerping en hartseer in die gemeenskap en daarom reik hulle uit.

Gospel Workers Ministries het sowat 400 vroue op Vrouedag met ’n aansit-ete en vermaak in Heidedal, Bloemfontein, bederf. Foto: Mlungisi Louw

“Ons wil hê vroue moet besef dat hul omstandighede dalk haglik mag wees, maar dat hulle nie noodwendig in dié omstandighede hoef te stagneer nie. Daar is ’n antwoord.

“Ons wil hê vroue moet besef daar is hoop en dié hoop is in Jesus,” sê Myrna Norris, pastoorsvrou.

Gwyneth Norris, ’n lidmaat van die kerk, sê in ’n wêreld van hartseer en mislukking is God vroue se toevlug.

Meer oor:  Heidedal  |  Vrouedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.