Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
107 jaag te vinnig in W-Kaap tydens inperking

Die provinsiale verkeersdepartement in die Wes-Kaap het sedert die staat van inperking begin het, reeds 821 boetes van R1,3 miljoen uitgeskryf.

Bonginkosi Madikizela, LUR vir vervoer en openbare werke, het in ’n verklaring gesê 83 mense is vir ’n verskeidenheid van oortredings in hegtenis geneem.

Terwyl slegs noodsaaklike verkeer tydens die vlak 5-inperking op die paaie toegelaat is, het mense erg gejaag en 107 spoedoortredings is begaan.

Bonginkosi Madikizela, LUR vir vervoer en openbare werke (regs), en Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, Dinsdag by ’n padversperring op die M5 naby Athlone. Foto: Verskaf

Die hoogste spoed was ’n bestuurder wat 172 km/h in ’n 120 km/h-sone gejaag het.

Tussen 27 April en 3 Mei is 282 padversperrings gehou waar 10 998 voertuie voorgekeer is. Hiervan was 33 voertuie onpadwaardig.

In dieselfde tydperk is 10 mense in ongelukke dood en agt ongelukke is aangemeld.

Ingevolge die Wet op Rampbestuur is 155 boetes uitgereik waarvan 87 aan mense wat nie tuisgebly het soos hul moet nie, 16 boetes vir minibustaxi’s of busse wat meer as die toegelate 70%-lading het, en 20 boetes vir ladings van hoër as die toegelate 60%.

Verder is 22 mense in hegtenis geneem wat rondgery het sonder dat hulle die nodige permitte as noodsaaklike werkers by hulle gehad het.

Ook is agt mense in hegtenis geneem wat sonder die nodige permitte tussen metropool-distrikte gery het en twee wat tussen provinsies gery het.

In een geval by Laingsburg het ’n bestuurder probeer om verkeersbeamptes om te koop, en is toe in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.