Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
11 dood in 2 minibus-ongelukke
Noodpersoneel op die toneel van ’n ongeluk waarin twee mense, ’n 35-jarige bestuurder en 18 maande oue babameisie, dood is nadat die bestuurder beheer oor ’n Toyota Quantum verloor het en dit in ’n stroom beland het. Foto: Trauma Response Africa

Twee mense is Maandagmiddag in ’n minibustaxi-ongeluk in die Vrystaat dood nadat die bestuurder van ’n Toyota Quantum beheer daaroor verloor het en dit in ’n stroom te lande gekom het.

Die 35-jarige bestuurder en ’n 18 maande oue babameisie is omstreeks 18:00 in dié ongeluk sowat 30 km van die Verkeerdevlei-tolhek dood.

Die wrak, wat op sy sy in die stroom gelê het, is oopgesny om die insittendes te bevry.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, sê 16 van die oorlewendes het ligte tot ernstige beserings opgedoen.

“Hulle is op die toneel gestabiliseer en na drie hospitale geneem.”

Hulle was van Kaapstad op pad na Zimbabwe toe die ongeluk gebeur het. Die oorsaak daarvan word ondersoek.

Dit was die tweede ongeluk Maandag waarby ’n minibustaxi betrokke was.

In die eerste ongeluk Maandag omstreeks 02:00 is nege vroue in ’n botsing op die N1-hoofweg tussen die Gariepdam en die Oranjerivier dood.

’n Toyota Quantum het in ’n stroom naby Verkeerdevlei beland nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het.Foto: Trauma Response Africa

Die bestuurder van die minibustaxi het vir ’n ystervark uitgeswaai en beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol het. Drie mense het ligte beserings in die ongeluk opgedoen en nog twee is ongedeerd.

Die insittendes was van Port Elizabeth na Johannesburg op pad om aankope vir hul ondernemings te doen.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, sê dit is tragies dat 11 mense op een dag op paaie in die Vrystaat dood is.

Sy het ’n beroep op motoriste gedoen om versigtig op die paaie te wees.

Die name van die oorledenes sal eers later vandeesweek bekend gemaak word nadat hul familielede hulle uitgeken het.

Meer oor:  Vrystaat  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.