Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
12 dood in botsing tussen taxi en tenkwa

’n Trompop-botsing Dinsdagoggend tussen ’n taxi en ’n tenkwa in KwaZulu-Natal het die lewens van 12 mense geëis en nog ses ander is beseer.

Die botsing het omstreeks 07:20 op die kruising van die R33 en R614 naby Northdale gebeur.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê die nooddienste het die taxi op sy wiele in die middel van die pad op die toneel aangetref. Die vragmotor het langs die pad op sy kant gelê en die olie het op die pad uitgelek.

“Die ondersoekers is ook nog op die toneel, en die pad is in albei rigtings vir die verkeer gesluit.”

Volgens Meiring is die meeste slagoffers uit die taxi geslinger, terwyl twee in die taxi vasgekeer was.

Volgens hom is 12 mense op die toneel dood verklaar. Van die ses beseerdes verkeer twee in ’n kritieke toestand, en die ander het minder ernstige beserings opgedoen. Hulle is almal na nabygeleë hospitale geneem.

Die presiese omstandighede van die ongeluk word ondersoek.

’n Tenkwa het Dinsdagoggend op sy kant te lande gekom en olie oor die pad gestort nadat dit naby Northdale met ’n taxi in ’n botsing betrokke was. Foto: Verskaf
Altesaam 12 mense is dood nadat ’n vragmotor en ’n taxi in ’n ongeluk betrokke was. Foto: Verskaf

Meer oor:  Northdale  |  Kwazulu-Natal  |  Minibustaxi  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.