Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
12 gehangdes se oorskot na Baai teruggebring

Die oorskot van 12 lede van die United Democratic Front (UDF) word Maandag na Port Elizabeth teruggebring.

Die 12 is in Pretoria gehang vir hul aandeel in die politieke onrus in die Oos-Kaap tussen 1985 en 1986.

Michael Masutha. Foto:

Adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, sal amptelik die oorskot oorhandig.

Die oorhandiging is deel van die galgprojek wat die opgrawing, oorhandiging en herbegrawe behels van 83 politieke gevangenes wat by die Sentrale Gevangenis in Pretoria gehang is.

Hulle is in ongemerkte grafte begrawe.

Altesame 130 politieke gevangenes is tussen 1960 en 1990 in dié gevangenis gehang.

Die plegtigheid vind om 11:00 by die Nangoza Jebe-saal in New Brighton plaas.

Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het R100 000 beskikbaar gemaak vir die begrafnisse van ses van die gevangenes wat positief deur DNS-toetse geïdentifiseer is.

Meer oor:  Udf  |  Michael Masutha  |  Port Elizabeth  |  Terug  |  Oorskot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.