Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
12 oor naweek dood op Wes-Kaapse paaie
Die bestuurder van hierdie bakkie is Saterdag dood ná ’n botsing met ’n ligte voertuig by die Engen-vulstasie in Buttskopweg, Blackheath.Foto: Verskaf

Altesaam 12 mense is die naweek in verskeie ongelukke op paaie in die Wes-Kaap dood.

’n Motoris (35) is Vrydagmiddag dood in ’n ongeluk by Botrivier, en ’n manlike passasier (34) is dieselfde aand ook in ’n ongeluk by Eendekuil dood.

Twee voetgangers is Vrydag in onderskeidelik Manenberg en Kraaifontein doodgery, terwyl ’n derde voetganger aan haar beserings in die Tygerberg-hospitaal dood is.

’n Bestuurder (40) is Saterdagaand dood in ’n motorfietsongeluk by Riebeek-Kasteel, terwyl ’n 52-jarige motoris die oggend in ’n ongeluk in Mfuleni dood is.

Die wrak van die motor waarin ’n 30-jarige manlike passasier Saterdag by Vanrhynsdorp dood is. Foto: Verskaf

Die bestuurder van ’n bakkie is Saterdag dood in ’n botsing by die Engen-vulstasie in Buttskopweg in Blackheath, Kaapstad. Soos vroeër berig, het die bestuurder beheer oor die bakkie verloor en dit het byna regop met sy neus teen die grond tot stilstand gekom.

In Vanrhynsdorp is ’n 30-jarige manlike passasier Saterdag in ’n motorongeluk dood, terwyl drie voetgangers dieselfde dag in onderskeidelik Maitland, Parow en Worcester doodgery is.

Intussen het verkeersbeamptes Vrydag en Saterdag 2 392 voertuie voorgekeer. Altesaam 1 205 bestuurders is vir alkoholinname getoets, en 48 is vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

’n Motoris van Worcester het die hoogste alkoholtelling van 1,29 mg/100 ml gehad. Dit is vyf keer oor die wettige limiet.

’n Verdere 15 mense is in hegtenis geneem weens ’n verskeidenheid oortredings wat wissel van ’n vervalste rybewys tot onwettige immigrante.

Altesaam 324 verkeersboetes met ’n gesamentlike waarde van R452 450 is uitgereik.

Beamptes het 27 bestuurders vir spoedoortredings vervolg.

Een bestuurder het 141 km/h in ’n 100 km/h-sone in Vredendal gery, terwyl ’n ander een in Somerset-Wes 102 km/h in ’n 60 km/h-sone gery het.

Meer oor:  Motorongelukke  |  Wes-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.