Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
13 sterf toe KZN-kerk ineenstort
kerk
Die toneel waar die kerk ineengestort het. Foto: Twitter

Dertien mense is dood toe 'n kerk in KwaZulu-Natal laat Donderdagaand ineengestort het.

Lede van die Pentecostal Church in Dlangubo, KwaZulu-Natal, was in die kerkgebou vir 'n Paasdiens toe die ongeluk gebeur het. Nooddienste het die sterftes bevestig.

Ses mense is ernstig beseer en tien lig beseer.

Daar word vermoed dat die onlangse swaar reën tot die tragedie gelei het, sê Robert McKenzie, woordvoerder van die Emergency Medical Services.

Meer volg soos wat die storie ontvou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.