Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
14 dood toe vragmotors, minibus op N3 bots

Altesaam 14 mense is Maandagaand in 'n ongeluk op die N3-hoofweg naby Estcourt in KwaZulu-Natal dood.

Twee vragmotors en 'n minibus was in 'n botsing reg van voor betrokke. 

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê die owerhede is omstreeks 21:00 na die toneel ontbied.  

"14 mense is in die ongeluk dood en een persoon is kritiek beseer."

McKenzie sê behalwe vir een persoon is al die slagoffers wat in die ongeluk omgekom het vroue. Dit blyk dat hulle almal in die minibus was.

Hy sê die polisie ondersoek die presiese omstandighede en oorsaak van die ongeluk. 

Die N3-tolkonsessie het omstreeks 21:40 gesê die hoofweg is vir verkeer gesluit, maar die pad is weer teen 04:50 oopgestel. 

Meer oor:  Kzn  |  Estcourt  |  Kwazulu-Natal  |  Vragmotors  |  Botsing  |  Dood  |  Minibus  |  Ongeluk  |  Beseerdes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.