Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
15 behandel ná ammoniak-lek in Olifantsfontein

Vyftien mense is Vrydagoggend in die hospitaal opgeneem ná ’n ammoniak-lek in Olifantsfontein naby Midrand.

Daar was nie ’n ontploffing nie, sê Frans van Heerden, bedryfshoof van Festive, ’n afdeling van Astral Operations.

Vroeër is vermoed daar was ’n chemiese gasontploffing wat verskeie mense beseer het.

Van Heerden verduidelik daar is groot verkoelingstoerusting op die perseel wat met ammoniak werk. “Omstreeks 06:30 is ’n ammoniak-lek by van die toerusting waargeneem,” sê hy.

Vyftien mense is Vrydagoggend gehospitaliseer ná ’n ammoniak-lek in Olifantsfontein naby Midrand.

Hy sê protokol is dadelik gevolg en die perseel, sowel as naburige sakepersele, is as voorsorgmaatreël ontruim. Die nooddienste is ook ontbied.

Hy sê die lek is vinnig opgespoor en geïsoleer. “Die area is deur die Ekurhuleni-nooddienste as veilig verklaar.”

Diegene wat in die hospitaal opgeneem is, is werknemers van Festive en sluit in mans en vroue tussen 20 en 50 jaar.

Hulle is behandel vir die inaseming van ammoniakgas.

’n Ondersoek word gedoen om te bepaal wat die lek veroorsaak het.

Meer oor:  Olifantsfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.